Pyn… soos ‘n skag wat val?

Huil is die taal wat jou liggaam praat wanneerdaar nie woorde is om die pyn wat jy ervaar te beskryf nie.


Ek kuier die ander dag met ‘n vriendin wat vir my vra of my hart al so gepyn het dat dit letterlik voel soos ‘n skag wat vry val in jou binneste? “Goeiste, nee!” sê ek, “Dit ken ek nie! Wat kan ‘n mens so erg laat pyn?”

Onwillekeurig dink ek aan die klassieke poësiewerke van Kalil Gibran. Hy skryf oor die geestelike behoeftes van die mens en haal ook graag die wyse woorde van die Prediker aan. In sy filosofie vind ons ’n deernisvolle begrip vir die vreugde én verdriet van die mens se bestaan. Ons vind voedsel vir die gees en die verstand in sy werke.

Hy se onder andere: “Die liefde gee niks, behalwe homself nie en neem niks, behalwe van homself nie. Die liefde besit nie en word ook nie besit nie. Want liefde is voldoende vir liefde.” Is dit nie mooi nie?

Hy skryf ook dat jou vreugde jou geontmaskerde verdriet is. Terwyl vreugde en blydskap by jou kuier, lê verdriet en hartseer in die kamer langsaan slegs om later deur jouself wakker gemaak te word en die vreugde en blydskap te vervang. Mmm… diep, maar waar sal ek sê! Wat dink jy?

Ons beweeg mos daagliks onwillekeurig tussen die oewers van blydskap en hartseer. Ons sukkel voortdurend met die emosioneel denkende brein wat 80 000 keer vinniger as die logiesdenkende brein reageer. Balans is dit waarop ons moet fokus. Stop en dink voordat ons optree is ‘n belangrike beginsel wat ons doelbewus moet toepas.

Na aanleiding van my vriendin se hartseer verhaal gee ek aan haar die volgende raad: “Wanneer jy tuiskom, maak seker dat die eerste 90 sekondes tel. Dit is maak of breek tyd. Die atmosfeer van die res van die aand word daardeur bepaal. Maak seker jy groet vriendelik en is nie op jou foon besig nie. Moenie kla of baklei nie. Wees net hartlik. Stop die skag, voordat hy kan val en los vir verdriet en hartseer doelbewus in die kamer langsaan.

“Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Genade verstaan
Inspiration

Genade verstaan

Vandag het ek opnuut iets van genade verstaan. Ek lees in ‘n ou dagboek iets wat Stephan Joubert lank terug geskryf het: “Hoe meer ek

Read More »
Self-talk
Inspiration

Self-talk

This recent WhatsApp message reached my phone and made me think: What do I say to myself? How many of my thought sentences contain negative

Read More »