Die een plek waar daar baie konflik ontstaan as gevolg van mense se verskille, is die werksomgewing. Vir groter harmonie en beter produktiwiteit in jou besigheid, maatskappy of instansie moet jy jou eie temperament ken en verstaan, asook dié van jou kollegas of medewerkers.
R500.00 (excl.VAT)

In hierdie kursus kry jy ’n kort oorsig oor hoekom kennis van temperamente noodsaaklik is en hoe die Vierkleurtemperamentmodel jou werkslewe radikaal positief kan verander. Jy kry ook praktiese raad om saam met elkeen van die vier kleure te werk en/of bemarking en verkope aan elkeen te doen.
Die Vierkleurtemperamentmodel is nie ’n kitsoplossing vir al jou werksprobleme nie. Maar as jy jou emosionele intelligensie hierdeur verhoog, sal jy beslis meer suksesvol word en beslis jou werk meer geniet.
Hierdie model is reeds met groot sukses – wat in rande én werknemertevredenheid gemeet kan word – in groter en kleiner maatskappye toegepas. Hierdie 15 kort video’s sal jou help om uit jou groef te kom en jou help om jou werkswyse met wysheid te verskuif sodat jy jou doelwitte kan bereik.