Vashou en Loslaat

’n Bundel vol wysheid oor God se genade en met die mooiste hartsgedagtes en pittige sielskos uit Lynette Beer se blogs, artikels en ander skryfwerk.

R220.00 (excl.VAT)

SKU: 9780796128782

Vashou en Loslaat is ’n pittige reisgids vir jou daaglikse pad – sielskos om jou elkedagse druk te help bestuur. Al kan dit as dagstukkies gelees word met ’n gepaste Bybelvers by elkeen, is dit eintlik bedoel as spieëlkyksessies wat jou by jouself en jou toekomsvisie uitbring.

Lynette Beer help jou om jouself te herontdek, ’n greep op jou vrese en emosies te kry en jou drome weer af te stof. Bekyk saam met haar jou verhoudings en toets of jou geloof prakties vir jou werk.

Neem weer voorraad op van wat jy hét, wat jy langs die pad verwaarloos het en wat nodig is om die mens te word wat God jou gemaak het om te wees. Hierdie wyse gedagtes sal jou herinner aan God se genade wat groei wanneer dit winter in jou lewe is.

Om by ware geluk uit te kom, neem tyd en is deel van ’n reis. Jou ingesteldheid bepaal die lengte en kwaliteit van hierdie reis. Die lewe is ’n balans van vashou en loslaat …