Van Konflik tot Konneksie

Is jy bang dat jou huwelik of liefdesverhouding op die rotse is omdat julle soms of selfs dikwels baklei? Voel jy skuldig omdat jy kwaad word vir die mense vir wie jy lief is?

R500.00 (excl.VAT)

Is jy bang dat jou huwelik of liefdesverhouding op die rotse is omdat julle soms of selfs dikwels baklei? Voel jy skuldig omdat jy kwaad word vir die mense vir wie jy lief is?

Hoor dan nou die waarheid: Konflik is ’n normale deel van verhoudings en woede is ’n gewone menslike emosie.

Konflik in verhoudings leer ons dat iets in ons konneksies moet verander en beter word. Woede wys ons dat ons unieke individue met verskillende behoeftes is wat nogtans van mekaar afhanklik is. Dis inderdaad rooi vlae, maar eintlik rooiletter uitnodigingskaartjies om tot aksie oor te gaan …

Verlang jy na meer intimiteit, beter kommunikasie en ’n hegter band met jou verhoudingsmaat? Is dit jou behoefte om wedersyds ondersteunende familiebande te bou en langdurige vriendskappe te hê?

Kom leer dan die goeie maniere van gesonde baklei. Word bewus van hoe woede-bevange jy is en bestuur hierdie emosie sodat dit jou verhoudingsvriend in plaas van jou verhoudingsvyand word.

Met 6 leesstukke en 6 video’s begelei Lynette jou om ’n beter vredemaker te wees omdat jy weet hoe om op die regte manier te baklei en konflik op te los.

You May Also Like