Uitgebrand? Herontdek jou innerlike krag

Maak seker jy verstaan wat uitbranding is en hoe verskriklik ernstig dit is. Leer in hierdie kursus dat voorsorg beter is as nasorg. Herken die tekens en verhoed dat jy een van die negatiewe statistieke word.

R500.00 (excl.VAT)

Navorsing toon dat 52% van mense aan uitbranding ly. Dis ’n verskriklike sindroom en as jy self so voortdurend oormoeg is of iemand ken wat hieraan ly, weet jy dat ’n mens amper onherkenbaar word. Jy is nie meer die mens met die energie en optimisme wat jy voorheen gehad het nie.

Om uitgebrand te wees laat jou in ’n (oënskynlik) hopelose donkerte beland met gevolge soos werksverlies, slapeloosheid, diabetes en hartsiektes en selfs die dood. Nee, dis nie ’n oordrywing of onnodig dramatiese stelling nie.

Maak seker jy verstaan wat uitbranding is en hoe verskriklik ernstig dit is. Leer in hierdie kursus dat voorsorg beter is as nasorg. Herken die tekens en verhoed dat jy een van die negatiewe statistieke word.

Al dink jy jy het nie die krag of die tyd om na video’s te kyk nie, maak asseblief tyd en gee vir jouself die nodige inligting sodat jy jouself kan versorg. Of as jy nie oor jouself bekommerd is nie, gebruik die kennis om ander mense van hulp te wees.

Ontdek wat doen mense wat oorleef en floreer ánders en leer by hulle die lesse van hoop en groei selfs te midde van die mees uitdagende omstandighede. Jy kan weer uit die as herrys en jou kragte herwin deur selfkennis en die regte selfversorging.

You May Also Like