Prettige stories wat kinders bekendstel aan die Vierkleurtemperamentmodel, met advies vir ouers om hulle kinders te help om hulself en ander mense te verstaan.
R220.00 (excl.VAT)
Weet jy wie jou kind is en waarom hy of sy volgens ’n bepaalde manier optree? Wonder jy soms of jou kind so gebore is of dalk nog sal verander?
Wens jy soms jou babbelbekkie wil net vir so tien minute stilbly? Wonder jy soms of ander mense se kinders ook so rebels en opstandig is? Voel dit partykeer of die bloed oor jou brein stoot omdat jou kind alles met ’n slakkegang doen? Sê jy ook partykeer vir jou kind met die fronsie om tog asseblief net vriendeliker te lyk?
Indien wel, is jy ’n normale ouer! Jy het net nodig om te verstaan (of weer te onthou) dat elke kind ’n eie temperament het wat in ’n unieke persoonlikheid uitgeleef word. Hierdie boek sal jou as ouer help om jou kind vanaf ’n jong ouderdom te leer om die basiese verskille in persoonlikheidstipes te identifiseer.
Meer nog, jy en jou kind sal saam op ’n prettige manier leer hoe om situasies te hanteer wanneer die ingebore persoonlikheidsverskille na vore tree. Een van die grootste lesse wat julle speel-speel kan leer, is om waardering daarvoor te hê dat almal uniek is.
Daar is vier temperamente en ons benoem hulle volgens kleure: Gewilde Geel, Rasende Rooi, Geruste Groen en Besliste Blou. In hierdie storieboek is daar vir elke kleur ’n spesiale karaktertjie: Dokter Geel, Rooi Roelf, Groen Gogga en Blou Skapie. Agterin die boek, ná die stories is daar ’n kleurkaart vir vinnige verwysing en addisionele inligting oor die verskillende kleurtipes vir jou ouerskapsreis.
Be the first to know about upcoming events and promotions! Sign up for Lynette’s newsletter