Ontwikkel nuwe strategieë wat by jou kind se unieke persoonlikheid pas en gegrond is op die Vierkleurtemperamentmodel en emosionele intelligensie.
R180.00 (excl.VAT)
Ouerskap is vervullend, maar dit kan ook moeilik wees. Ons wil almal ons beste gee vir ons kinders, maar soms is die uitdagings regtig oorweldigend.
Die goeie nuus is dat daar hulp is in die vorm van die Vierkleurtemperamentmodel. Hierdie model sal jou help om die volgende vier basiese temperamente te verstaan:
• Gewilde Geel
• Rasende Rooi
• Geruste Groen
• Besliste Blou
Sodra jy meer weet van elke kleur, sal jy kan bepaal wat jou en jou kind se persoonlikheidstipe is. Hierdie kennis sal jou in staat stel om die beste ouer vir jóú kind te wees en ’n sterk, gesonde gesinsverhouding te bou.
Hierdie model sal jou ook in staat stel om jou kind te help om hulle emosionele intelligensie te ontwikkel, wat vir hulle nou en in volwassenheid tot voordeel sal wees. So, hou op om jou te bekommer, begin lees en sien hoe hierdie boek jou ouerskapsreis ten goede gaan verander.