9 Praktiese stappe gegrond in Bybelse waarhede en kennis uit verskillende wetenskappe wys jou hóé om ’n lewe van sukses en ’n gees van uitnemendheid te hê.
R230.00 (excl.VAT)
Voel jy vasgevang in jou omstandighede? Glo jy dat jou drome nooit waar sal word nie?
Dis leuens! Breek vry van die beperkings wat jy (en ander mense) op jou plaas en word wie jy bedoel is om te wees. Jy is gebore om die wêreld te verander. Jy is geskep met die potensiaal om ’n suksesvolle lewe te lei en ’n gees van uitnemendheid te hê.
Hierdie boek sal jou wys hóé om by sukses en geluk uit te kom, met nege praktiese stappe gegrond in Bybelse waarhede en kennis uit verskillende wetenskappe. Hierdie stappe wérk as jy die werk dóén:
1. Waag om te droom
2. Glo in ’n visie
3. Verwag dat groot dinge sal gebeur
4. Hardloop jou eie wedren
5. Beheer jou emosies
6. Kry ’n positiewe ingesteldheid
7. Wees ongewoon buitengewoon
8. Leer die kuns van uitgestelde bevrediging
9. Hou aan om te groei en verander