Antwoorde op gelowiges se vrae oor hulle kommunikasie met die Here. Ontdek hoe om jou geloofsverhouding te verdiep en in vrede en vreugde te leef, omdat jy God se stem op jou unieke manier kan hoor.
R190.00 (excl.VAT)
Dink jy daar is fout met jou of jou geloof dat God nie met jou praat nie? Sukkel jy partykeer om God se stem te hoor? Voel dit soms vir jou of God nie vir jóú hoor as jy met Hom praat nie?
Dan sal hierdie boek jou dadelik gerusstel. Dit gebeur met alle gelowiges dat ons soms wonder of die Here ons raaksien en of Hy ons hoor. Jy is nie die enigste gelowige met vrae nie!
Lynette Beer gee antwoorde uit haar Bybelkennis en persoonlike geloofservarings op 7 groot vrae. Hier is die insigte waarop jy gewag het – vir jouself én vir jou geliefdes oor wie jy dalk bekommerd is:
Elke gelowige se konneksie met God is uniek. Jou roeping is so uniek soos jy. Wat egter vir ons almal dieselfde is, is dat God elkeen van ons geroep het en met ons elkeen in konneksie wíl wees. Dit bring vrede en vreugde – en ’n volkleur, Geesvervulde lewe.