Die Vier Kleure van die Bybel

Leer by Bybelkarakters hoe God verskillend met verskillende temperamente werk. Verdiep jou geloofsverhouding deur jou eie persoonlikheid beter te verstaan.

R280.00 (excl.VAT)

SKU: 9780796159670

Daar is niks nuuts onder God se son nie … Die temperamente en verskillende persoonlikheidstipes is deel van menswees sedert die skepping. Die mense in die Bybel verskil dan ook van mekaar net soos ons.

Elkeen dink anders, doen anders en het ’n ander siening van geloof, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. God het met elkeen van hulle ’n unieke pad gestap en op verskillende wyses in Sy koninkryk gebruik.

Die verkenning van hulle geaardhede aan die hand van die Vierkleurtemperamentmodel sal jou help om jouself én ander mense beter te verstaan:
• Petrus, Mirjam, Dawid, Rut, Barnabas en Johannes Markus was GEEL, gewild en geliefd, inspirerend en entoesiasties, maar ook ongeorganiseerd en impulsief.
• Paulus, Sara, Debora, Elia, Nehemia en Johannes die Doper was ROOI, rasend aktief en effektief, raakvatters en voorlopers, maar ook kwaai en baasspelerig.
• Abraham, Noag, Isak, Hanna, Ester en Timoteus was GROEN, gerus en bedaard,vredemakers en liefdevolle gesinsmense, maar ook passief en hardkoppig.
• Moses, Josef, Job, Jona, Abigajil en Marta was BLOU, besliste perfeksioniste, kreatief en betroubaar, maar ook wisselvallig in hulle buie en oorsensitief.

As jy Die Vier Kleure van die Bybel klaar gelees het, sal jy met vreugde weet dat jy nes jy gemaak is ook ’n roeping het. Jy is hier om verskil te maak op jóú manier met jou sterkpunte, terwyl jy jou swakpunte saam met die Heilige Gees bestuur.