Die Kleure en Tale van die Liefde Ebook

Ontdek die verskillende maniere waarop jy en jou maat liefde gee en ontvang. Leer mekaar se ingebore temperamente en liefdestale verstaan en word meer gelukkig.

R160.00 (excl.VAT)

Jy probeer reg leef en veral in jou huwelik is dit vir jou belangrik om nie jou maat seer te maak of teleur te stel nie. Maar kort-kort doen jy dit tog …

Die probleem is dat jy nie kán verander nie, omdat jy nie weet wie jy regtig is nie. Jy kan eers jou gedragspatrone verander wanneer jy jou binnekant leer ken en verstaan hoe jou innerlike self jou lewe na buite beheer.

Hierdie boek help jou om te verstaan dat jou temperament gekoppel is aan jou natuurlike neigings om op ’n sekere manier in jou liefdesverhouding op te tree. Hierdie kennis van die Vierkleurtemperamentmodel van Lynette Beer en die vyf liefdestale van Dr. Gary Chapman kan die keerpunt wees in julle saamwees!

As jy Die Kleure en Tale van die Liefde uitleef op jou unieke manier, word jy deel van die wonderwerk om God hier op aarde sigbaar te maak in en deur jou huwelik.