Bybelkarakters en hulle Temperamente

As jy die Bybelse verhale deur die lens van die Vierkleurtemperamentmodel lees, sal jy iets verrassends oor jouself ontdek.

R500.00 (excl.VAT)

In Sy groot genade maak God Homself aan ons bekend in Sy Woord. Ons kan deur die verhale in die Bybel wat oor doodgewone mense soos ons handel, ontdek hoe Hy met mense werk.

Hierdie kursus help om jou om die mense in die Bybel beter te leer ken en beter te verstaan hoe jy met jou Vader in ’n konneksie kan wees. Dit is nie ’n komplekse studie nie, maar ’n plesierige verkenning van ’n paar karakters aan die hand van ’n sekere vertrekpunt, naamlik die Vierkleurtemperamentmodel.

Lynette gee eers vir jou ’n kort oorsig oor die vier kleure en dan kyk sy kleur vir kleur na ’n paar van die bekende persone in die Ou en die Nuwe Testament. Sy verduidelik hulle optrede en uitsprake aan die hand van hulle (moontlike) temperament.

Mense verskil van mekaar – en dis goed en reg so. In die Bybel verskil mense ook van mekaar – en dit was vir God goed en reg so. Hy het ’n verhouding met elkeen gehad waarbinne hulle hul unieke swakpunte kon oorkom en hulle sterkpunte kon uitbou.

Deur hierdie video’s op jou eie tyd, teen jou eie tempo te kyk of na die klank te luister terwyl jy oefen of skottelgoed was of gras sny, sal jy ontdek dat jy deur die krag van die Heilige Gees presies die mens kan wees en word wat God bedoel het jy moet wees.

As jy die Bybelse verhale deur die lens van die Vierkleurtemperamentmodel lees, sal jy iets verrassends oor jouself ontdek. Jy sal iets kosbaars van iemand vir wie jy lief is opeens waardeer. Jy sal ekstra begrip vir ’n kind, kollega, vriend of vreemdeling ontwikkel. Maar veral sal jy jou verhouding met jou Skepper verdiep.

Hou jou Bybel byderhand en laat die ou, bekende verhale op ’n vars en verrykende manier voor jou oopgaan omdat jy die karakters in ’n ander lig sien. Nooi sommer jou gesin of omgeegroep om die video’s een vir een saam met jou te kyk en te bespreek. Dis ’n heerlike manier om die Woord van die Here te bestudeer!

You May Also Like