Oordeel ons nie almal maar nie?

Dinge gebeur nie met jou OMDAT nie…maar SODAT God sy doel in jou lewe kan bereik!


Dit is Vrydagoggend. Ek vlieg namiddag Oos London toe. Ek het twee afsprake deur die loop van die oggend en daarna moet daar ʼn kort “video clip” opgeneem word.

Alles verloop volgens plan. My vlug is 16:50. Die plan is om 15:15 lughawe toe te ry. Dit is mos meer as genoeg tyd om betyds te wees? Dit is 15:15 en ek is in my motor op pad lughawe toe. My foon lui. Ek hoor dat ek veronderstel is om alreeds op die lughawe te wees, want ek vlieg oor 50 minute.

“Wat? Onmoontlik! Ek vlieg eers oor ʼn uur en 50 minute.”

“Nee, jy vlieg oor 50 minute!”

My ma se woorde weerklink in my ore: “Indien jy vinniger as 120 km ry, klim die Here uit en dan is jy op jou eie.” Ek sit voet in die hoek en smeek die Here om asseblief nie uit te klim nie. Hierdie vlug kan ek eenvoudig nie mis nie. Daar is 200 plus vroue in Oos Londen wat al vir maande wag vir hierdie konferensie.

Rynhard is skerp. Hy reël dat my instapkaartjie na my foon gestuur word en bevestig dat, wanneer ek stop, my kar onmiddellik by my geneem word. Ek ry, ek bid, dit begin reën en ek bid harder: “Here moet asseblief nie uitklim nie.”

Ek stop 15:40 (15 minute voor die hek sluit) en ek is reeds laat… Ek bid en hardloop. “Skuus tog, jammer, verskoon my…” Ek gooi my tas onderdeur en oor die hindernisse en kruip self deur. Uitasem en met moeite is ek by hek 11 en is ek die laaste passasier om deur te gaan. “Dankie Here!”

Ek sit en dink aan hoeveel mense al by my inderhaas verby geskuif het en hoe ek met minagting na hulle gekyk en gedink het: “Ai tog, beplan tog net jou lewe!” En nou… nou wonder ek of ander ook so na MY gekyk het en moontlik ook vir my iets soortgelyk sou wou sê.

Ek het weereens ʼn les geleer – moenie oordeel nie, want jy het géén idee van die agtergrond nie.

“ Ek het gesê: ‘Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ‘n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Millennial stress
Stress

Millennial stress

There are more songs shaming Millennials than any other generational group. Hilarious songs, composed by? Millennials, of course.

Read More »
Relationships

My BFF is … myself!

All good relationships begin with a healthy relationship with yourself. This is true for friendships too. One can only know what respect, loyalty, acceptance, care,

Read More »