Ons wêreld het verander

Dis nie meer ‘n voorspelling nie – dis nou ‘n feit: Ons leef nie meer in dieselfde wêreld nie. Ons het aan die slaap geraak in een wêreld en wakker geword in ‘n splinternuwe, onderstebo wêreld. Disney World, New York, Parys en plekke met blink ligte het dof geword. Selfs gevaarlik.
 
Wie ryk was, is nou arm. En die wat arm was – is nou armer… Geld het sy waarde verloor en kan nie meer vakansies koop nie. Wat nog oor is, moet gebruik word om suurstof te koop vir oorlewing. Inkopies is iets wat jy met ‘n masker aan, so gou moontlik agter die rug probeer kry. Mense is skielik in hokke.
 
Intimiteit- drukkies en soene, is teen die wet en kan jou doodmaak. Om liefde te betoon, moet jy jou geliefdes alleen los en ver weg bly. 
 
Waar het dit verkeerd gegaan? Die wêreld stuur vir ons ‘n duidelike boodskap – dat hy ons nie meer nodig het nie. Die diere, die grond, die lug om ons en die water sê hardop: “Dit gaan met ons beter sonder julle inmenging, dankie.” Die wêreld kla ons aan: ons het ons geskenk en ons magsposisie misbruik. Ons het die balans van mens-dier-omgewing laat kantel en ons grond-gulsigheid het ons in die agterstewe gehap.
 
God kan ons help om die balans te herstel – deur by ons harte te begin. Ek glo dat geloof en vrees albei ‘n produk is van jou fokus. As jy die hele tyd fokus op die jongste statistiek van siekte en dood en ‘n kwynende ekonomie, voed jy jou eie angs en onsekerheid.
 
Moenie uitkyk vir die wind nie. Dis ‘n les wat ons by Petrus kan leer. Hy het ‘n paar treë op die water gegee om by Christus uit te kom – maar toe verander hy sy fokus na die wind en die storm. 
 
In hierdie nuwe wêreld moet ons nou, meer as ooit, kies tussen geloof en vrees; tussen ons Redder en die storm. Die nuus en statistiek is dinge waarvan jy moet kennis neem maar wat nie jou lewe moet oorneem nie.
Dis nie die wind wat Petrus laat sink het nie – dit was sy fokus.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

People knowledge needed
Temperaments

People knowledge needed

There are times when we think that the world revolves around money. That countries crash when their economies go for a nose-dive. Business leaders, we

Read More »