Die Keniaanse atleet Abel Mutai was los voor in die resies. Enkele meters voor die wenstreep, het hy gestop omdat hy gedink het dat dit die wenstreep was.
Kort agter hom was die Spanjaard, Evan Fernandez. Die oomblik toe hy besef dat Mutai verward was, het hy op hom begin gil om aan te hou hardloop. Maar Mutai kon nie Spaans verstaan nie.
Fernandez het besef dat hy iets moet doen en met ʼn harde armstamp, het hy vir Mutai oor die wenstreep gestamp.
ʼn Verbaasde joernalis het die Spanjaard gevra wat hom besiel het – hy kon maklik by Mutai verbygehardloop het en so die resies gewen het. Waarop Evan geantwoord het: “Dis my droom dat ons eendag in ʼn wêreld kan lewe waar ons nie net onsself sal dryf nie maar ook ander oor die wenstreep sal help.”
“Maar waarom het jy hom laat wen?” wou die verslaggewer weet. “Jy kon die medalje gewen het!”.
“Ek het hom nie laat wen nie, “ het Fernandez geantwoord. “Dit was sy resies. Watter eer sou daar vir my wees as ek die medalje op so ʼn manier verdien het? Deur ʼn man se fout uit te buit? Ek vra myself altyd: Wat sou my ma van my gedink het?”
Waardes is iets wat ons deur generasies aangee. Dis elke mens se keuse om daarvolgens te lewe. En as ons mooi daaroor dink – wie sal in die annale onthou word as die wenner van hierdie resies?







