’n Dankbare hart … hou ’n joernaal by!

Ek kan sommer hoor hoe rol mense se oë as ek al weer oor dankbaarheidsjoernale preek. Kners asseblief op jou tande en leer by my hoe onmisbaar hierdie praktyk in jou lewe is.

Ons as gelowiges moet mos oor die goedheid en die grootsheid van ons Here getuig. Dis deel van ons nalatenskap dat ons kinders en kleinkinders die stories oor die genade en die uitkoms wat ons telkemale ontvang het, sal ken.

Dit begin by ’n joernaal en by die goeie geestelike gewoonte om op ’n gereelde basis dagboek te hou van alles wat ons bly maak en waarvoor ons dankie sê. Dis die één gesonde leefstylgewoonte wat oor dekades heen gewys het dat dit mense se lewensgeluk verhoog.

Hoe begin ’n mens met dié dagboekhouery?

Wel, jy gee toe dat jy dit nodig het. Dan besluit jy of jy daagliks wil skryf/tik of net een keer per week. Dis jou keuse hoe gereeld en hoe lank jy die takie wil uitvoer. Gebruik jou gesonde verstand en stel vir jouself realistiese doelwitte. Jy kan dit natuurlik enige tyd verander en aanpas.

Vervolgens kies jy jou formaat. Hou jy van pen op papier of verkies jy die knoppies van ’n digitale toestel? Is jy dalk lus om prentjies te plak of selfs te teken of te verf? Jou collage of skildery kan stap-vir-stap gedoen word of net op spesiale dae, versprei oor ’n langer tydperk.

As jy van skryf hou, kan jy spesiale boeke wat vir hierdie doel gedruk word aankoop. Of jy kan dit as ’n geskenk vra by jou geliefdes as hulle vir jou iets wil gee. Jy kan tydens ’n reis of vakansie ’n boek by ’n mark of in ’n spesiale winkel aanskaf. Dink net hoe mooi jou spesiale joernale in jou boekrak of op jou bedkassie gaan lyk!

Of as jy nie hou van fieterjasies en soektogte nie, gebruik gewone wit papier en knip gaatjies daarin. Stoor dit in ’n lêer sodat alles netjies bymekaar en in volgorde bly.

Jy kan kies om video’s op te neem (te “vlog” soos mense dit noem) of klankopnames te maak. Stoor jou video’s en oudio’s op jou “Desktop” sodat dit maklik is om raak te kliek. Gee dit ’n mooi naam sodat dit uitstaan tussen jou ander “folders”.

En natuurlik kan jy ’n digitale app gebruik wat spesiaal vir hierdie doel ontwikkel is. Tegno-liefhebbers verseker my daar is verskeie om uit te kies en hulle het die addisionele voordeel dat die app jou met ’n “notification” herinner dat dit tyd is om dankie te sê.

Waaroor skryf of tik ’n mens so in jou joernaal?

Die belangrikste reël is dat daar nie reëls is nie! Jy doen wat vir jou lekker is en wat vir jou werk. Maar as jy ’n paar aanwysings verkies, hier is ’n paar riglyne:

  • Voeg die datum by sodat jy in die toekoms al die legkaartstukkies van God se hand in jou lewe aanmekaar kan sit.
  • Wees baie spesifiek sodat jy in die toekoms beter kan onthou. Iets soos “Ek sê dankie vir my dogter wat ’n dag verlof ingesit het om my na die lughawe te neem sodat ek kommerloos Kaap toe kon vlieg sonder om my motor op die lughawe te los” het soveel meer waarde as “Ek is dankbaar vir my dogter”.
  • Gee eerder meer detail oor een saak as kriptiese notas oor tien sake.
  • Fokus meer op mense en gebeure as op “dinge”.
  • Verander jou invalshoek om ook te fokus op hoe jou lewe sou wees sonder sekere mense of dinge, in plaas daarvan dat jy net ’n lysie maak van alles wat jy bykry.
  • Wees ook dankbaar vir dinge wat nié met jou gebeur het nie, iets waarvan jy ontsnap het of iets negatiefs wat vir jou positief uitgedraai het.


Hoe jy ook al jou dankbaarheidsjoernaal aanpak en volhou, jy sal vir seker ontdek dat dit jou verhouding met die Here verdiep. Jou gesprekke (gebede) met Jesus sal meer intiem word en jy sal beslis God se stem al hoe beter hoor.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Are you an over-giver?
Inspiration

Are you an over-giver?

The joy of giving is a slogan easily misused by money-making retailers at Christmas time and emotional celebrations like Mother’s and Father’s Day. Simply because

Read More »