Moenie besluite neem wanneer jy emosioneel is nie!


Ek kry ‘n WhatsApp wat lees: “Hartlike goeiemôre! Wil iets met jou deel. Moet asseblief nie hieroor praat nie. Ek moet dit net van my hart af kry. Ek wil graag by my familie gaan kuier, veral die kinders beter leer ken, maar ek moet blykbaar eers ‘n afspraak maak. Tog vreemd vir my, want die skoonfamilie is 24/7 daar. Ek wonder net of hulle ook eers ‘n afspraak moet maak. Moontlik is dit, omdat ek nie in ‘n gegoede area bly nie en ek ook omgee vir ander mense wat gewoonlik deur die samelewing verwerp en gekritiseer word. Dalk net nie in hulle “klas” nie?”

My hart ruk in my binneste. Dit pyn, want ek ken die hart van die een wat die WhatsApp stuur. Hy kan soms ‘n korrelkop wees, maar het ‘n mooi omgee- en opregte hart.

Ek besef opnuut om vrede te geniet, moet jy eers weet wat jou vrede steel. Ons is almal anders en ons moet onsself leer ken. Satan bestudeer ons baie versigtig en weet presies watter knoppies om te druk. Ek het veral twee kenmerkende swakhede. Wanneer ek moeg en honger is, raak ek maklik iesegrimmig en onnodig onredelik met ander.

Indien jy sensitief is vir die menings van ander moet jy weet dat Satan juis dit gaan gebruik om jou vrede te steel. Dalk moet jy ‘n lysie maak elke keer, wanneer jy ontsteld raak. Vra jouself wat die probleem veroorsaak het en skryf dit neer. Wees eerlik met jouself, anders sal jy nooit vry wees nie.

Indien jy jou vrede verloor het, gaan soek dit en kry dit terug. Moenie toelaat dat ander en omstandighede jou vrede steel nie. In die middel van die lewe se storms kan jy deur God se vrede geanker word.

“Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Exercise routine
Inspiration

Exercise routine

In my early years, as a young athlete, I was taught the ingredients of a balanced exercise programme. To prevent injuries and prepare me for

Read More »