Mammie, ek soek jou oral!

Vir die wêreld is jy dalk net nog ‘n mens, maar vir een mens is JY dalk hulle hele wêreld.


My ma was Aletta Magdalena Swanepoel en later na haar troue, Aletta Magdalena Beer. Sy het groot geword in Riebeeckstad en Grahamstad. later jare het sy in Port Elizabeth begin werk waar sy my pa ontmoet het en getroud is. Hy het haar oorreed om op te hou werk – nie dat hulle dit kon bekostig nie. Volgens my was dit ‘n geweldige fout, want dit het haar totaal weerloos en afhanklik gelaat. Dit kan tog vir geen vrou se selfbeeld en eiewaarde goed wees om in die oë van haar man te kyk vir elke sent nie – my beskeie mening.

My ou moeder het ‘n sagte gees gehad. Sy was ‘n liefdevolle mens wat vrede nagejaag het. Sy het ongetwyfeld ‘n groen temperament gehad. Haar liefde vir die Here was duidelik sigbaar en sy het ons doelbewus met die waarheid van die Woord grootgemaak. Daar was elke oggend ‘n basiese roetine voor skool. Dit het begin met die antwoord van somme (tafels), Bybellees en dan bid. Daar was ook die gebruiklike rympie: “Onthou julle moet niks vat wat nie aan julle behoort nie, al is dit so klein soos ‘n koppiespeld, Liewe Jesus sien alles raak!” Tot vandag toe kan ek niks vat wat nie aan my behoort nie. Dankie Mammie!

Ek mis haar vandag in die besonder, want môre is Moedersdag! Ek besef dat ‘n wedergebore ma, wat lief vir die Here is, vir haar man, kinders, familie, vriende en land bid, meer werd is as honderd predikante.

My liefde vir die Here het ek by my ma geleer. Die beloftes van die Here het ek daagliks uit haar mond gehoor. Sy het vergifnis geleef. Nederigheid was deel van haar mondering. Regverdigheid was duidelik te sien in die manier waarop sy ons vier kinders grootgemaak het. Haar liefde vir my pa was vir my soms onbegryplik. Vandag salueer ek jou Mammie!

“ Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Moenie-doenie-lysie
Goals

Moenie-doenie-lysie

Die jongste navorsing wys dat mense deesdae slagoffers word van digitale uitputting – van te veel inligting en te veel keuses en hopeloos te veel

Read More »
Life demands change
Change

Life demands change

One of the perks of our present inter-connectedness is that we all receive an abundance of information and ideas. At times I feel slightly inundated

Read More »
Jy sê, ek sê
Inspiration

Jy sê, ek sê

Opinies, opinies, opinies! Ons het dikwels ‘n vrye mening oor ander mense. Wat hulle behoort aan te trek, hoe hul haarstyl moet wees, hoe hulle

Read More »