Maak jou droom ‘n werklikheid

Jy kan as jy dink jy kan!

 

Waaroor droom jy? Ek praat nie nou van dit wat jy droom as jy slaap nie. Nee, ek praat van al daardie dinge of dalk is dit net een groot iets wat jy oor dagdroom. Jy weet, die boek wat jy nog wil skryf; die besigheid wat jy wil begin; die kursusse wat jy nog wil doen…

Dis lekker om te droom, want dis maklik. Jy hoef maar net daaraan te dink en dan is dit daar. ‘n Lugkasteel wat jou laat
glimlag. Dis presies wat dit sal bly, tensy jy nie iets daadwerkliks daaraan doen nie.

‘n Droom is soos spookasem, dit lyk mooi, maar dit smelt sommer weg as jy daaraan probeer vat. Wat of wie verhoed jou om jou droom werklikheid te maak? Jou omstandighede dalk? Miskien jou finansies of gebrek daaraan? Die waarheid is, as jy vir die perfekte oomblik wag, gaan jy jou lewe om wag.

Net jy kan jou drome laat waar word. Hoe? Raak prakties. Skryf jou droom neer. Bekyk dan wat jy geskryf het, en omskryf dit as ‘n doel. Jy sien ‘n doel het ‘n begin en ‘n einde. ‘n Doelwit vra ‘n plan van aksie.

Om die plan van aksie op die been te bring, moet jy twee belangrike vrae kan beantwoord. Die eerste is, “waar is ek nou?” en die tweede is “waar wil ek wees?” As jy die antwoorde op papier het, dan kan jy aan die derde vraag begin werk, “hoe kom ek by my eindbestemming?”

Dis waar jy begin om kleiner doelwitte vir jouself te stel. Dis maar soos skool. Jy begin in Gr R en kan nie sommer net spring tot in Matriek nie. Nee, jy moet stelselmatig deur elke skooljaar werk en leer totdat jy die finale eksamen kan skryf.

Drome word nie oornag ‘n werklikheid nie. Dit verg baie tyd, navorsing, opoffering en harde werk. Kyk weer na die droom en doelwit wat jy neergeskryf het. Is dit regtig wat jy wil doen? Bid daaroor en gee dan die eerste tree om jou droom ‘n werklikheid te maak. Moenie uitstel nie. Begin vandag, al is dit net om na te lees oor hoe ander hul drome bereik het. Belangrikste is om nooit op te gee nie. Die ou spreekwoord in Afrikaans sê “Aanhouer wen.”

Anriëtte Schoeman, ‘n Suid-Afrikaanse fietsrykampioen wat al sewe keer die Argus fietswedren gewen het, het onlangs gesê: ““Every pro was once an amateur. Every expert was once a beginner. Dream big and start now!” Waarvoor wag jy?

“ God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig, Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Groot leiers
Inspiration

Groot leiers

“Groot leiers het almal een ding in gemeen”, skryf Johan Maxwell in sy boek Developing the leaders Around You: Hulle maak werk van dié wat

Read More »
Belê in jou buurman
Inspiration

Belê in jou buurman

‘n Suksesvolle graanboer in Amerika het jaar na jaar met die trofee by die landbouskou weggeloop. Kom ons noem hom Boer Jan. Sy mede-boere het

Read More »
Wil jy altyd reg wees?
Temperaments

Wil jy altyd reg wees?

Wanneer ons op laerskool leer van teenoorgesteldes, word ons in ʼn sekere mate gekondisioneer. Ons glo dat iets of iemand wat nie mooi is nie,

Read More »