As daar een ding is wat ons in die afgelope jaar geleer het, is dit om ons prioriteite onder die vergrootglas te bekyk. 

Iemand het eenkeer in ‘n geselskap gesê dat geld net vir haar betekenis het wanneer sy dit nie het nie. Dit het my laat besef dat dit eintlik waar is van alles in die lewe – ons leer mense en dinge eers behoorlik waardeer wanneer hulle weg is of wanneer ons daarsonder moet klaarkom.

Tyd is een van die dinge wat vir my kosbaar is. Omdat ek ‘n besige geel mens is, het ek selde genoeg tyd vir alles wat ek moet of wil doen. Die afgelope jaar het my geleer om my doen-lysie aan te pas en elke item daarop behoorlik te evalueer.

Ek het my lysie toetsvrae aangepas: 

  • Is dit belangrik of nodig om hierdie ding te doen?
  • Gaan dit waarde toevoeg aan my lewe?
  • Bring dit my nader aan my kort- of langtermyn-doelwitte?

Maar ek het deesdae nog ‘n vraag op my lysie, wat ek sommer ook vra wanneer ek my wil ontstel oor iets of iemand:

Gaan hierdie tree wat ek gee of ding wat ek wil doen, oor ‘n jaar saak maak?

Die vraag kom veral handig te pas wanneer ek op die punt is om te oor-reageer. Wanneer ek myself verbeel dat dit ‘n jaar later is en dat ek terugkyk na die situasie, kry ek skielik ‘n nuwe perspektief. As die oomblik of my reaksie verspot lyk, weet ek sonder moeite of dit belangrik was.

Dan stap ek weg, of doen ek wat ek wou doen met oorgawe…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Tennisspelers
Inspiration

Tennisspelers

Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n

Read More »