Kyk jy deur ‘n donker lens na die toekoms?

Ons hoor dit gereeld maar ons glo dit nie altyd nie: jou gedagtes bepaal die gehalte van jou lewe. Wanneer jy in die oggend opstaan, word jou gedagtes saam met jou wakker. En wanneer jy met ‘n probleem worstel, klim dié probleem saam met jou uit die bed uit, dikwels met die verkeerde voet.

Nog voor jy jou eerste koppie koffie vir die oggend in het, het jy jou probleem weer in sy plek ingedink. Jy herleef weer gister se emosies, die ongemaklikheid van ʼn onopgeloste verhoudingstameletjie, ‘n taak waarvoor jy nie heeltemal opgewasse voel nie, of ‘n moeilike gesprek wat jy bly uitstel.

As jy aanhou om dieselfde gedagtes te dink, sneller jy elke keer bepaalde emosies. En stadig maar seker maak jou liggaam plek vir dié gevoelens. Jy kan jouself siek of gesond dink. Wanneer jy terugdink aan ‘n pynlike gebeurtenis uit die verlede, maak dit vrees of angs by jou wakker en voor jy weet, kleur dit jou prentjie van vandag en more donkergrys.

Ek het ʼn tyd lank ʼn bruinerige donkerbril gedra – bo-oor my voorskrif-kykbril. Totdat ek op ʼn dag besef het dat dit alles om my, bruin kleur. Jou lens waardeur jy na môre kyk, word gewoonlik gekleur deur jou gisters. As dit ʼn donker lens is, kan jy jou toekoms vol donker wolke maak – al skyn die son helder buite.

Hulle sê die belangrikste vyf minute van jou dag is die vyf minute voor jy aan die slaap raak. Wat doen ons almal in dié tydjie? Ons dink aan alles waarby ons nie uitgekom het nie en ons maak ʼn lys van al ons bekommernisse – dis die huiswerk wat jy vir jou brein gee om in die nag deur te werk. En dan wonder jy waarom jy so moeg wakker word in die oggend – met al gister se probleme dieper in jou brein ingegroef.

Maar as jy aan lekker dinge, aan jou toekoms en jou drome gedink het voor jy aan die slaap geraak het, kan jou brein jou – wie weet – dalk met ʼn plan of twee wakker maak…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Have fun, laugh and dance
Happiness

Have fun, laugh and dance

Having and creating fun opportunities is a vital ingredient of a happy and fulfilling life. We tend to only take negative or ‘heavy’ emotions seriously

Read More »
Hoe lyk jou verhaal?
Inspiration

Hoe lyk jou verhaal?

Fliekmakers weet dat sekere resepte werk. Hoe meer die kyker met die held se verhaal kan identifiseer, hoe groter die sukses van die fliek.

Read More »
Geskiedenis Maak
Inspiration

Geskiedenis Maak

Op skool was ek nie regtig lief vir geskiedenis nie. Want ek het nog nooit daarvan gehou om dinge uit my kop uit te leer

Read More »