Was jy al in die geselskap van ‘n irriterende mens? Een wat sy eie beuel blaas of alles beter weet, of wat keer dat die vergadering tot ‘n punt kom omdat hy of sy nie die groter prentjie kan raaksien nie? 

Ek kan nie anders as om mense se temperamentkleure raak te sien in sulke situasies nie, en dit help my gereeld om my irritasievlakke te onderdruk. Maar ek moet eerlik wees, my geel-blou-temperament sukkel om geduldig en verdraagsaam te bly.

Iemand deel onlangs by ‘n vergadering met my ‘n speletjie wat hy in sulke situasies vir homself aangeleer het. Soos met alle kreatiewe oplossings, verg dit verbeelding. Hy het op ‘n dag besluit dat hy so ‘n persoon in sy geestesoog in ‘n kind kan verander. Hy kan hom laat krimp en wonder hoe hy as kleuter gelyk het. Hy sien die nerf-af knieë na ‘n val van ‘n fiets af, en dalk ‘n vuilerige hemp waarvan die knope skeef vasgemaak is. Op dié manier sien hy skielik die man of vrou se onskuld en onvolwassenheid in ‘n ander lig. Dalk soek hy maar net soos ‘n kind, ‘n bietjie aandag.

Wanneer hy moeg is vir dié speletjie, sien hy Mnr of Mev Irritasie as ‘n oumens van 95, krom en weerloos agter ‘n stootraam op wieletjies – met dowwe oë en ‘n effense bewerasie in die stem. Die oumens-been van die speletjie, vertel die vindingryke man, leer jou om met deernis en nuwe oë na die persoon te kyk. Want jy weet jy gaan ook daar kom. As jy geseënd genoeg is om oud te word, gaan mense al jou ervaring en wysheid miskyk en net jou onbeholpenheid raaksien.

Al is ek regtig lief vir mense, moet ek erken dat ek gereeld kan doen met meer geduld en empatie, veral wanneer daar ‘n krapperigheid by myself of die ander persoon is. Ek dink die kleuterskool – en ouetehuis-speletjie kan werk…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Kwartleeftyd-krisis
Inspiration

Kwartleeftyd-krisis

Ek kyk onlangs na ‘n You Tube-video oor Millennials wat ‘n kwartleeftyd-krisis beleef en ek dink ai siestog, die arme goed! Dat hulle nou op

Read More »
Sjokoladebruintjies
Inspiration

Sjokoladebruintjies

Ek het so pas my sewende versoek gekry om ‘n resep te deel. Dis deel van #Kwarantynkosmaak en ek is ‘n spesiaal-genooide wat mag deel

Read More »
How to deal with burnout
Burnout

How to deal with burnout

Deadlines. Meetings. New projects. More meetings. New systems. More meetings. Writing reports. Analyzing stats. Making decisions. More meetings. Working hours? Officially probably from 8 am

Read More »