Jy dra die Verantwoordelikheid

‘n Mens se agtergrond en opvoeding dra by tot wie jy is, maar wat jy word is jou eie verantwoordelikheid! Uniestraat 2, Uitenhage en Bosmanstraat 1, Despatch. Albei in die Oos-Kaap. Dit is waar ek, Merinda Lynette Beer, geleer het van die lewe. Hier het ek geleer van verhoudings, liewe Jesus, hoe om beskuit te verkoop vir oorlewing en hoe om nooit op te gee op die lewe nie.

James en Lettie Beer was my ouers. Beide lief vir die Here en hardwerkend. My pa was soms hard en onredelik, my ma altyd saggeaard en liefdevol. Geld was skraps. Ons het ʼn Morris Minor gery waarvan die “radiator” voortdurend oorgekook het. Nuwe klere was nie deel van ons klerekas nie.

Ek was ʼn atleet. My pa kom kyk vir die eerste en enigste keer. Ek kom tweede. Ek soek hom. Hy is weg. By die huis gekom kry ek hom in die motorhuis waar hy vir my sê: “… ʼn Beer verloor nie, ʼn mens hardloop om te wen. Niemand onthou ʼn tweede plek nie.” Ek huil en stap weg.

My ma leer ons van liewe Jesus wat alles weet en sien. Elke oggend “stof sy ons af” voor skool en se: “Moet nooit iets van ander vat wat nie julle s’n is nie, onthou liewe Jesus sien alles. Moenie baklei nie. Draai die ander wang”. Ons leer die rympie en kon dit later soos ʼn spreekkoor opsê.

Geen geld of luuksheid in Unie- of Bosmanstraat nie. Daar was liefde, gemengde waardes, konflik, hartseer en soms chaos. Ek kon my agtergrond as verskoning gebruik om vandag nog voort te sukkel. Ek het egter gekies om verantwoordelikheid vir my eie lewe te neem en met die genade van die Here het ek doelgerig vorentoe gebeur met ʼn duidelike doellyn voor my en ek hardloop nog steeds…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Hou die gif buite
Inspiration

Hou die gif buite

Het jy al ooit iets galbitters geproe? Miskien was jou ma een van die Lennon-dissipels wat Lewensessens aangehou het en jou daarmee gedokter het as

Read More »
Are you an over-giver?
Inspiration

Are you an over-giver?

The joy of giving is a slogan easily misused by money-making retailers at Christmas time and emotional celebrations like Mother’s and Father’s Day. Simply because

Read More »