Jy benodig ‘n Renosterdikvel

Jy het jou doelwitte in plek; jy weet wie jy is; jy glo jy kan dit maak. Wat het jy nog nodig om suksesvol te wees? Talent? Wel, dit hang af wat jou droom behels. As jy goud op die Olimpiese Spele wil loshardloop; ‘n boek wil skryf of ‘n sanger wil word, dan gaan jy talent nodig hê.

Maar om suksesvol te wees, het jy baie meer as net talent nodig. Jou talent of gawe is soos ‘n rowwe diamant. Dit lyk maar soos enige ander klip totdat dit geslyp word. Om jou volle potensiaal te bereik moet jy hard werk en baie oefen. Gaan vra maar enige groot sportster hoeveel ure oefen hulle per week. Jy sal verstom staan.

Jy moet dit wat jy weet jou talent is oefen en slyp totdat jy die meester op jou gebied is. Jy doen dit deur dieselfde ding oor en oor te doen en deur te kyk wat maak ander in jou veld. Waar is hulle suksesvol? Waarmee sukkel hulle? Hoe kan jy daarop verbeter? Saam met die bemeestering van jou talent deur oefening, moet jy ook die heeltyd slyp en skaaf aan jou menswees. Synde dat ons mense is, het elkeen van ons ook swakplekke in ons mondering. Dis aan daardie swakplekkies waaraan jy moet werk.

Verder het jy deursettingsvermoë, stamina en ‘n renosterdikvel nodig, die laaste is om al die stekies, ondeurdagte kritiek en jaloerse pyle van ander mee af te weer. Leef elke dag met jou doelwit in gedagte en onthou Rome is nie in een dag gebou nie!

“ Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God is geen stadsmuur vir my te hoog nie. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Oogkontak
Inspiration

Oogkontak

Ek kan my verkyk aan mense. Omdat ek baie ure op lughawens deurbring, het dit al vir my tweede natuur geword om my mede-reisigers dop

Read More »
Love Languages

Do you love your life?

My response to the question whether I love my life, is a resounding “Yes, most definitely!”. Here are a few reasons why:

• Jesus is

Read More »