Is jy ‘n goeie foutvinder?

‘n Vriendin wat besighede help om op koers te bly, deel onlangs ‘n interessante voorval met my. Sy is, in temperament-taal, Blou-Rooi. Sy is taakgerig in die eerste, tweede en derde plek. In haar boek moet mense gefokus wees, erns maak met hulle geld en hulle besighede en hulle twak laat staan.

Maar so kry sy toe ‘n middeljarige entrepreneur wat sy gesonde besigheid na ‘n volgende vlak wil neem. Hy spel duidelik uit dat sy hom met sy besigheidsplan moet help en sy kop moet regkry sodat hy sy doelwitte kan bereik. Die eerste sessie verloop goed en sy stuur hom huis toe met huiswerk vir die volgende twee weke.

Met die tweede sessie, begin die man oor sy vrou te kla. Hulle is reeds ses jaar getroud, het nie kinders nie en is albei in hulle eie rigtings goed gekwalifiseer en besig om die korporatiewe leer te klim. Maar skielik begin sy hom verskriklik te irriteer. Al haar gewoontetjies is nie meer vir hom aanvaarbaar nie en hy wonder of hulle nog vir mekaar bedoel is. Nee, daar is niemand anders op die spel nie, dis net dat hy nie meer dieselfde voel nie. 

Effe geïrriteerd dat haar kliënt sy fokus verloor het en haar nou met ‘n verhoudingsprobleem wil belas, gee my vriendin vir hom die volgende huiswerk: Vir die volgende maand wil ek hê dat jy elke dag net een ding probeer raaksien wat jou vrou vir jou of vir die huishouding doen. Skryf dit neer en bring dit volgende keer saam. As jy na drie maande besluit jy kan dit nie meer uithou nie, gee ek vir jou die naam van ‘n goeie egskeidingsprokureur en ‘n terapeut. Maar onthou waarom jy my kom sien het – om jou besigheid te groei.

Twee sessies later, het die man heeltemal ophou kla oor sy vrou. Hy het nooit besef hoeveel sy vir hom doen nie en hy kyk weer met splinternuwe oë na haar, sê hy. Eintlik, dink hy, was hy maar net in ‘n selfsugtige, negatiewe fase. En eintlik het hy ‘n wonderlike, ondersteunende vrou…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Own your mind
Inspiration

Own your mind

It makes human sense that our experiences shape our lives and our thoughts. We have ups and we have downs, good days and bad days.

Read More »
Compassion fatigue
Inspiration

Compassion fatigue

Strange times bring with them new challenges and a new vocabulary. Years ago we were exposed to phrases like grassroots level and transformation and we

Read More »
Wat het jy gedoen?
Inspiration

Wat het jy gedoen?

Dit is Woensdagoggend net na ses en die pad na die Vaaldriehoek lê oop voor my. Ek luister na – soos my peetdogtertjie sal sê

Read More »