Het jy al ooit gewonder wat die verskil tussen kwaad en teleurgesteld is?
Nie lank gelede nie, kry ek ‘n oproep waarna ek my totaal en al verloor. Ek gee oor aan my emosionele brein. Ek is soos ‘n perd, ‘n ongetemde perd wat wild oor die vlakte hardloop. Tyd vir STOP, DINK en DOEN wou ek eenvoudig nie toelaat nie. Ek kies doelbewus die platform van duisternis. Absoluut teen wat ek ander leer en daagliks doelbewus kies om te leef. Ek huil van woede of was dit teleurstelling? Ek weet nie regtig nie.
Ek bedink hierdie voorval vir twee dae lank. Wat is ek nou eintlik? Kwaad of teleurgesteld? Kom ek definieer eers die begrippe, besluit ek. Ek kom tot die slotsom: indien jy kwaad vir iemand is, gaan dit oor ‘n spesifieke situasie. Kwaad is na buite gerig. Jy ervaar ‘n emosie van woede en later bedaar jy. Dit is verby. Jy tob nie daaroor nie. Dit is agter jou.
Om teleurgesteld te wees, gaan meer oor die spesifieke gedrag van ‘n persoon. Die persoon is anders as wat jy gedink het. Dit hou direk verband met hoe jy nou oor daardie persoon dink.
Teleurstelling het te make met vertroue wat gebreek is en ‘n verwagting van daardie persoon wat geskaad is. Dit is ‘n pynlike ervaring. Jy het nie verwag dat hierdie persoon jou soveel verdriet sou aandoen nie. Jou vertroue is geskaad en dit maak die teleurstelling pynlik.
So wat nou? Nou dat ek die twee begrippe van mekaar geskei het, wat is ek nou eintlik? Ek was kwaad op die platform van duisternis en nou, nou is ek teleurgesteld. Ek is iets aangedoen wat ek nie verwag het nie. Die kwaad is verby, die teleurstelling bly oor en dit moet ek hanteer...
“Vertrou altyd op die Here, want die Here God
is ‘n veilige toevlug” – Jes. 26:4”
Indien jy hierdie artikel geniet het, sal die boek Pêrels in jou Sak jou ook daaglikse inspirasie gee met kort lewenswaarhede uit Lynette Beer se pen. Klik hier om jou kopie vandag nog te bestel!
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer