Jy kan wêrelde verskuif met nederige en gewillige mense!

Eugene Heimler skryf die volgende aangrypende woorde terwyl hy in ‘n Nazi-konsentrasiekamp sit: “ Ek het geleer dat daar in my, soos in alle ander mense, ‘n moordenaar sowel as ‘n heilige woon; ‘n liewe kind sowel as ‘n gulsige grootmens. Daarom is ek in geen opsig iemand ander se meerdere nie; ek en ons almal is gelyk, net mense. ”

Dit wil vir my voorkom dat nederige mense dink nie minder van hulle self nie; hulle dink net minder aan hulleself. Dit is tog duidelik uit Eugene Heimler se aanhaling. Is dit nie?

Tot my skande betrap ek myself gedurende die week met ‘n hart vol eiewaan en vooroordeel teenoor ‘n persoon wat ek glad nie ken nie. Jy weet mos waarvan ek praat? Ja jy weet, want jy het dit ook mos al gedoen. Nie waar nie?

Die insident dwing my tot introspeksie. Ek vra myself: “Wat de drommel is fout met jou Lynette? Dit is tog nie wie jy is nie! Ek besef dat die neurale paadjie wat in my brein ingegraveer is oor die jare ten opsigte van die voorkoms van sekere persone ʼn negatiewe spoor gelaat het en ek nou onregverdiglik hierdie persoon daarmee assosieer.

In die proses van selfondersoek, besef ek ‘n paar belangrike beginsels wat ons moet handhaaf. Die wêreld het mense nodig wat nie ‘n prys het waarteen hulle omgekoop kan word nie; wat nie by integriteit leen om vir eie voordeel te betaal nie; wie se handdruk so goed is soos ‘n formele kontrak; wat nie bang is om risiko’s te loop nie; wat oorwoë menings het in plaas van vooroordele; wat ewe eerlik in klein en groot dinge is; wie se ambisie groot genoeg is om ook ander mense se insette te akkommodeer; wat geleer het om met nederigheid te wen en met waardigheid te verloor; wat nog steeds vriendskappe handhaaf wat hulle 30 jaar gelede aangegaan het en wat soms verkeerd is maar bereid is om dit te erken.

Dit is nie soseer verskille tussen mense wat ons uitmekaar dryf nie, maar onverskilligheid. Wie ons is, is nie soseer dit wat ons in die verlede verkeerd gedoen het nie, maar eerder dit wat ons kies om vandag reg te doen.

“ Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is. En Ek gee nuwe moed aan dié wat verdruk is, en nuwe krag aan dié wat berouvol is. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Maak kop skoon
Inspiration

Maak kop skoon

Ons ken almal die uitdrukking “om jou kop skoon te maak.” Ekself hou daarvan om te gaan stap of te oefen wanneer ek wil kop

Read More »
Choose how you feel
Happiness

Choose how you feel

Anthony Robbins said: “You are the source of all your emotions. At any moment you can create or change them. You can decide to feel

Read More »