Het jy al ooit iets galbitters geproe? Miskien was jou ma een van die Lennon-dissipels wat Lewensessens aangehou het en jou daarmee gedokter het as jy te ryk of te veel geëet het. Dis so bitter dat jy ril vir ‘n uur agterna. Of miskien assosieer jy ‘n bitter smaak met medisyne toe jy klein was, of ‘n pomelo wat nog nie lekker ryp is nie.

Bitter is vir die meeste van ons ‘n aaklige smaak, iets waaraan ons nooit gewoond wil raak nie. Wanneer jy die dag galstene of galblaasprobleme het, sal jy weet waarom mense praat van galbitter.

Ons ken almal mense wat hulle eie lewens – of ander s’n – vergal. Gewoonlik met negatiewe praatjies, dade of gedagtes. Julle ken mos die gevoel. Jy daag op vir ‘n lekker kuier by vriende. Alles gaan goed tot een – ja, net een persoon – begin kla oor hoe sleg dit gaan met die land, die ekonomie en sommer alles rondom hom.

Voor jy weet is jou eie gemoed donker. Baie van die dinge wat hy of sy sê, is waar, maar jy kan niks verander aan die situasie nie. En as jy nou in hierdie donker kolk iets positiefs probeer gooi, gaan dit tien teen een nie eens gehoor word nie. Of erger nog, die grompot gaan ‘n sterker teen-argument kry om sy prentjie nog donkerder in te kleur. En ons weet almal dat swart verf ‘n mooi pienk blom heeltemal kan toeverf.

‘n Goeie vriendin is onlangs deur diep waters na ‘n groot teleurstelling. Die skade wat sy gely het, was nie haar skuld nie. Daar was mense wat foute gemaak het en sy moes vir die gelag betaal. Sy is kwaad en ontnugter en wil die hele wêreld hof toe vat, maar sy weet dat sy dit nie sal kan bekostig nie.

Ek het haar probeer opbeur maar dis al asof sy vasgesteek het in haar woede en haar verwyte. Dit het my laat dink aan een van my oupa se gesegdes: “Hou die gif buite, my kind,” het hy gesê. “Jy mag kwaad word, dis menslik. Maar as jy die gif in jou lyf toelaat, maak jy net jouself galbitter en siek.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waarop fokus jy?
Inspiration

Waarop fokus jy?

‘n Renjaer het op ‘n keer vertel hoe hy geleer het om teen ‘n geweldige hoë spoed om die draaie te ry, ook dié draaie

Read More »
True leaders ask questions
Inspiration

True leaders ask questions

Leaders all have different styles of leading. Some give instructions or direct their teams down to the minutest detail, others believe in a participatory style,

Read More »