Hoe lyk jou verhaal?

Fliekmakers weet dat sekere resepte werk. Hoe meer die kyker met die held se verhaal kan identifiseer, hoe groter die sukses van die fliek.

Sielkundiges het in die laaste paar dekades ontdek dat mense hulleself kan genees deur hulle eie verhale te herskryf. As deel van ‘n navorsingsprojek het hulle gaan inloer by die Pixar-filmstudio in Amerika en gevra of daar ‘n resep is vir ‘n suksesvolle verhaal.

Die Pixar-skeppers het verduidelik dat enige verhaal in beginsel drie bedrywe het. In die eerste bedryf word die held uitgekies en voor die groot uitdaging gestel. As hy die held wil wees moet hy natuurlik die uitdaging aanvaar. En die uitdaging is gewoonlik bokant sy vuurmaakplek.

In die tweede bedryf eksperimenteer die held met verskeie oplossings – wat gewoonlik misluk. Dit lyk asof hy nie ‘n kans staan om lewendig anderkant uit te kom nie. Dis die spannendste deel van die fliek en gewoonlik ook die fase waar die held se swakhede en tekortkominge uitgebeeld word. Dis hier waar die kyker empatie met die held ontwikkel omdat hy homself ook daarin kan sien.

In die laaste bedryf moet die held wys uit watter staal hy gemaak is. Met fisieke of emosionele krag moet hy die probleem oplos – of sy status as held prysgee.

Met ‘n nader kyk, besef ‘n mens dat die tweede bedryf die pynlike gedeelte van die verhaal is. Dis hier waar die held met homself en sy omstandighede moet stoei en met sy eie menslike tekortkominge gekonfronteer word. Maar dis juis hier waar die wonderwerke gebeur en waar die held sy storie herskryf.

Die lewe werk ook so – wanneer jy jou onvolmaaktheid in die gesig staar, ontdek jy jou dapperheid en innerlike krag. Dit gebeur in jou tweede bedryf. En dis hier waar die wonderwerke jou verhaal in ‘n nuwe rigting kan stuur. En wanneer jy die kans kry om jou storie te herskryf.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Inspiration

Is dit nie?

Ek het geleer dat daar in my, soos in alle ander mense, ‘n moordenaar sowel as ‘n heilige woon; ‘n liewe kind sowel as ‘n

Read More »
Have fun, laugh and dance
Happiness

Have fun, laugh and dance

Having and creating fun opportunities is a vital ingredient of a happy and fulfilling life. We tend to only take negative or ‘heavy’ emotions seriously

Read More »