Heuningwoorde en swaardtonge

Ek ontvang ’n e-pos van ’n dame wat moedeloos en intens ongelukkig is weens ’n onaangename verhouding met haar werkgewer. Sy het ’n slagoffer geword van ’n gesagsfiguur wat baie goed is in haar werk, maar wat altyd humeurig, foutvinderig en afbrekend is. Iemand wat soort van behae daarin vind om ander mense te verneder.

Wanneer ek koerant lees, TV kyk of na gesprekke luister, besef ek al hoe meer dat daar baie sulke woedebevange mense in ons wêreld is. Mense is meer as ooit onder druk en as gevolg daarvan het eise en verwagtings ook gestyg en wanneer daar nie aan die eise en verwagtings voldoen word nie, verval jy maklik in ’n soort van broeiende woede wat tot ernstige depressie kan bydra.

“Daar is een wat onverskillige woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.” En in Spreuke 13:3: “Iemand wat versigtig praat, beskerm homself, maar iemand wat ’n groot mond het, kom in die moeilikheid.”

Let bietjie op wanneer jy weer in so ’n altyd-kwaad persoon se teenwoordigheid is – hulle is altyd besig om ander mense seer te maak en op hulle plek te sit. Dit laat my soms van frustrasie kreun om in die teenwoordigheid van sulke mense te wees.

Ek het egter besef dat sulke mense die produk van hulle lewensomstandighede geword het. Die hartseer is dat niemand
tere gevoelens van simpatie koester teenoor so ’n persoon of probeer om so ’n soort mens te verstaan nie.

Tensy so ’n persoon ’n werklike poging aanwend om te verstaan waarom hy of sy so optree, sal hy nooit by die wortel van sy kwaad uitkom nie, omdat al ons emosionele ervaringe deur vorige gebeurtenisse beïnvloed word.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Anger
Anger

Anger

Scientists have proven that people would choose discomfort before the unknown. Even if your comfort zone is no longer comfortable, you would choose to stay

Read More »
Om met eer te wen
Inspiration

Om met eer te wen

Die Keniaanse atleet Abel Mutai was los voor in die resies. Enkele meters voor die wenstreep, het hy gestop omdat hy gedink het dat dit

Read More »
Life isn’t fair
Inspiration

Life isn’t fair

I am a declared optimist. Negative people give me the jitters and I cannot get out of their company fast enough. But I am also

Read More »
Droom en werk voort
Dream

Droom en werk voort

Soms kry mens ‘n lewensles of drie waar jy dit die minste verwag. “We were soldiers” is ‘n 2002 rolprent waarin Mel Gibson die rol

Read More »