“Groot leiers het almal een ding in gemeen”, skryf Johan Maxwell in sy boek Developing the leaders Around You: Hulle maak werk van dié wat na hulle die leisels moet oorneem.

“Soek die beste mense wat jy kan kry en ontwikkel hulle in die beste leiers wat hulle kan wees,” is Maxwell se raad. 

Dit maak vir my sin, nie net vir ‘n mens se eie nalatenskap nie, maar ook om seker te maak dat die wiele bly draai wanneer jy nie meer die dag aan die stuur is nie – tydelik of permanent. Of wil jy al jou harde werk en ideale eendag saam met jou begrawe?

Maar dit het my skielik laat dink – glo ek in hierdie beginsel en doen ek dit? Ons raak so maklik vasgevang in ons dagtake en ons besige programme, dat ons vergeet om langtermyn te dink. Ons glo almal dat dit ons gedeelde plig is om die jonger geslag te mentor, om tyd en energie aan ons opvolgers te spandeer – maar daar is min van ons wat dit ‘n prioriteit maak.

In die Bybel lees ons hoe Paulus tyd gemaak het vir Timoteus, sy geestelike seun. Dit is selfs moontlik dat hy die laaste brief wat hy geskryf het, nie aan ‘n groep mense gerig het nie, maar aan hierdie enkele jong man. Want hy was altyd bewus daarvan dat hy net ‘n instrument was en dat iemand die aflosstokkie by hom sal moet oorneem.

Wie is die onderwysers, leiers of base wat die grootste invloed op jou gehad het? Dis reg – dié wat in jou geglo het. Dit, het ek besef, is die grootste geskenk wat jy aan ‘n jongmens – of enigiemand in jou infrastruktuur – kan gee. Om met hom of haar te deel dat jy in hulle glo. Net soos wat jou rolmodelle in jou geglo het en nie suinig was met hulle tyd en aandag nie. Te midde van hulle druk programme.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Tennisspelers
Inspiration

Tennisspelers

Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n

Read More »
Lente-skoonmaak
Inspiration

Lente-skoonmaak

Ek weet nie hoe gereeld die oumense ge-“spring-clean” het nie, maar ek kom gewis elke jaar agter wanneer ek hierdie belangrike opruimingstakie oorgeslaan het. Want

Read More »
Waar plant jy bome?
Inspiration

Waar plant jy bome?

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as

Read More »