Het jy al ooit ‘n hol kol op jou maag gehad? So ‘n irriterende, dowwe pyn wat nie wil weggaan nie? Dis nie seer genoeg dat jy ‘n pil wil drink of ‘n dokter nodig het nie, maar dis ‘n pyn wat jy voel elke keer as jy asemhaal. En die snaakse ding van dié pyn is dat jy hom kan voel as jy gelukkig of ongelukkig is.

Ek het so ‘n pyn gereeld gevoel wanneer ek op die atletiekbaan moes regmaak vir ‘n resies. Later het ek geleer dat dit maar deel is van die normale adrenalien wat my liggaam afskei om reg te maak vir vinnig hardloop,

Toe lees ek op ‘n dag van ‘n onderhoud wat ‘n sportsielkundige met Olimpiese atlete gehad het. Onthou, ons praat hier van kampioene – top-atlete wat almal in hulle eie land kon uitstof en gekies is om wêreldwyd mee te ding. Die sielkundige wou by elke atleet weet hoe senuagtig hy of sy was net voor die wedloop. 

En toe kom die verrassing. Sy direkte vraag WAS JY OP JOU SENUWEES? is deur die bank beantwoord met ‘n duidelike “NEE, ek was nie op my senuwees nie, ek was opgewonde.”

Hy het dieselfde eksperiment met bekende en gesoute openbare sprekers gedoen. Sy bevinding was dat die toppresteerders en mense wat voor skares optree, almal dieselfde fisieke simptome ervaar het: palms wat klam word, ‘n verhoogde hartklop en ja, die hol-kol-op-die-maag-gevoel. 

Maar hulle het besluit om ‘n ander interpretasie aan hierdie simptome te gee. Deur SENUAGTIG te vervang met OPGEWONDE, haal hulle negatiewe emosies soos vrees en onsekerheid daaruit en laai hulle as’t ware die oomblik met positiewe krag en energie.

Ons emosies kan ons maklik op sleeptou neem – omdat ons geneig is om die fisiese tekens outomaties as negatief te interpreteer. 

Wanneer die hol kol op jou maag weer sy opwagting maak, trek net daar jou tekkies aan en gaan stap. (Dit bly nog die beste manier om van adrenalien ontslae te raak!) Bedink wat in jou gemoed aangaan en dink aan die oorsaak van jou spanning. Besluit om uit die boks uit te dink en vra jouself of jy nie dalk, net dalk, eerder OPGEWONDE in plaas van GESPANNE kan wees nie…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Waar kry ek jou?
Inspiration

Waar kry ek jou?

Beraders word geleer om heel aan die begin van ‘n gesprek versigtig uit te vis waar die kliënt hom of haar emosioneel bevind. Goeie leiers

Read More »
Sien uit na die lewe!
Inspiration

Sien uit na die lewe!

Ek is spring-bly want die jaar is ek sommer dubbeld geseën met twee geleenthede om bootreise te onderneem! Dis iets wat ek nog altyd wou

Read More »
Jy sê, ek sê
Inspiration

Jy sê, ek sê

Opinies, opinies, opinies! Ons het dikwels ‘n vrye mening oor ander mense. Wat hulle behoort aan te trek, hoe hul haarstyl moet wees, hoe hulle

Read More »