En toe gly my voet

‘n Mens se agtergrond en opvoeding draby tot wie jy is, maar wat jy word is jou eie verantwoordelikheid.


Nie elke oggend word begin met hoop en geloof nie. Soms staan ons op en wens dat die dag net moet verbygaan. Ek het onlangs so ’n ervaring gehad. Ek het op my fiets geklim en gery om my gedagtes skoon te kry. Halfpad het my voete aan my trapgespes vasgehak, ek het my balans verloor en my knieë nerf af geval. Bebloed en vol selfbejammering het ek myself getroos dat dit binnekort genees sal wees asof dit nooit daar was nie.

Dit het my onwillekeurig laat dink aan die emosionele seerkry in my lewe, die diepe wonde in my siel. Hoe wonderlik sou dit wees as ook dit in ‘n oogwink soos ‘n vleeswond kon genees.

Seerkry en emosionele pyn bring trauma. Dit kom in verskeie vorme; die afstaan van ʼn geliefde aan die dood of iets oënskynlik meer eenvoudig soos ʼn vries-oomblik waarin jy hulpeloos moes toekyk hoe iets gebeur het. Die gevolg is dat jy vasgevang is in ‘n web waaruit jy nie kan ontsnap nie.
So het ons ook in ons grootword jare uitdagende ervarings meegemaak; soos woorde wat aan ons toegesnou is en dinge wat aan ons gedoen is sonder dat ons dit hanteer het. Hierdie dinge dra by tot emosionele wonde wat vandag die onbewustelike basis vorm vir ons optrede in moeilike situasies. Soms sê iemand, sonder enige slegte intensie iets wat jou woedebevange maak en skaamteloos laat. Wat presies het daardie emosie laat opvlam? Wat is die vroegste herinnering wat jy kan koppel aan daardie gevoel?

Ons sensitiewe reaksies op ons emosies word herhalend deur verskeie gebeurtenisse in ons lewens bepaal. Jy moet die wortel van die emosie ontdek sodat jy jou gedrag en reaksies tot negatiewe stimulasie kan hanteer.

Waarmee sukkel jy? Wat is die wortel van jou emosionele opstand? Die ontdekking en die hantering daarvan sal jou vrymaak.

“ Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs