“Ek weet regtig nie meer wat om te doen nie.” Die vrou is duidelik moedeloos. Finansies wil nie uitwerk nie, mediese koste is hoog. Finansieël trek almal swaar. Hoe nou gemaak? As die koskaste en bankrekening ewe leeg is. As daar net rekeninge in die posbus beland.
Werk al die positiewe denke steeds? Hoe kyk mens dan verby jou omstandighede? Dis nou in sulke tye wat jy moet aanhou. Aanhou glo. Aanhou dankbaar wees. Aanhou om die mooi in die lewe te soek.
Die probleem is mens is nie dan altyd lus nie. Sulke tye vra vir mooi dink, baie bid en groot konsentrasie om die goeie te soek. Dankbaar te bly. Dit vat meer as wat jy dink menslik moontlik is. En daar lê die geheim. Die oorgee en ophou probeer om dit in jou eie krag te maak. Die stil word voor God. Te erken jy weet nie watter kant toe nie. Jou totale afhanklikheid te verklaar en te weet Hy het jou tot hier gedra, los sal Hy nie vir jou los nie.
So deur die krag van die Heilige Gees, kan jy weer kop optel. Waardeer jy dit wat jy nog het. Kan jy weer ‘n loflied sing. Maar, mens jy moet eers stil word. Hoor die voëls in die bome. Sien die blomme in die tuin. Kry jou krag van bo, en doen wat jy kan elke dag met ‘n gesindheid van dankbaarheid. Op ‘n hopie gaan sit, gaan nie werk nie, maar maak jou planne in gebed. Uitkoms sal daar wel weer wees.
Ek dink een van ons grootste krisisse vandag, is dat ons alles self wil doen. Onafhanklik wil wees. Nie wil laat blyk as daar probleme en nood is nie. Dis lynreg teen die Woord waar die Nuwe Testamentiese gelowiges aangespoor is om uit te reik en mekaar te help. Is ons dan nie almal deel van een familie nie? Moenie bang wees om te vra vir hulp nie. ‘n Toebroodjie in liefde gedeel, beteken baie meer as ‘n feesmaal wat in ‘n atmosfeer van bitterheid genuttig word.
Onthou jou omstandighede kan hoe sleg wees, jy het ‘n keuse hoe jy daarop gaan reageer. Om kwaad, ongelukkig, vreesbevange of verbitterd te raak, gaan nie jou omstandighede verander nie. Dit gaan wel maak dat jy nog slegter, eensamer en depressief gaan voel. Kies om te bly glo, te bly hoop en om positief vorentoe te beweeg.
Ek het geleer as jy ‘n storm op die pad kry, dan moet jy nie stilhou nie. Dan is jy gevang in die storm. Dis ook gevaarlik, want ander kan in jou vasry. Nee, jy moet aanhou ry, met groot omsigtigheid en stadiger as gewoonlik, so kan jy onder die storm uitry. Dis ‘n stukkie wysheid wat ons ook deur ons lewensstorms kan dra. Hou net aan beweeg!
Uit die Woord:
“ En God is by magte om aan julle alles in oorvloed
te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg
kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk
.” – 2 Kor. 9:8
We invite you to talk to us about a workshop that will best solve your personal and professional issues. Should you not be able to conduct a face-to-face workshop anytime soon, feel free to browse through our online store for one of our self-help books.
Seeds of Inspiration (Pty) Ltd t/a Lynette Beer | Registration Nr: 2011/134865/07
Po Box 41921, Moreleta Ridge, Pretoria, South Africa, 0044
Copyright © 2023 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer