Emosies! Emosies! Emosies!

Hulle sê mense se emosies lê oral en dus moet ons versigtig trap. Daar word ook gesê ons kan nie altyd ons emosies vertrou nie en tog is dit ons emosies wat die grootste waarhede oor onsself en die lewe vertel. Nogal ’n paradoks nê?

Per definisie is emosies gevoelens wat jy ervaar wat deur pyn of vreugde veroorsaak word en dan ’n bepaalde reaksie tot gevolg het. Dit klink tog vir my as ’n mens jou emosies kan beheer kan jy enigiets anders ook regkry, maar wanneer negatiewe emosies in beheer van jou lewe is, sal dit jou in die teenoorgestelde rigting van jou lewensdoel en drome dryf.
Dit is so dat ons emosies absoluut elke area van ons lewe beïnvloed.

Het jy al ooit daaraan gedink dat dit nie saak maak hoé intelligent jy is nie? Emosies oorheers gewoonlik intellek!

Die emosionele kern van die brein werk 80 000 keer vinniger as die logies denkende deel van die brein en daarom is ons geneig om net te laat gaan. Indien jy nie nugter oor hierdie realiteite besin nie gaan jou emosies met jou mors en jou ellendig en hopeloos agterlaat.

Dit is nie so eenvoudig om van daardie oorweldigende emosies ontslae te raak nie. Jy moet duidelike padaanwysers hê om sodoende die leisels van jou emosies stewig onder beheer te hou.

Ek stel voor dat jy STOP en DINK voordat jy reageer wanneer jy jouself in ’n emosionele situasie bevind. Probeer daardie vinnige emosionele brein beheer. Besef dat alle mense nie soos jy bedraad is nie. Mense beleef situasies anders. Wees genadig en onthou dat slegs 4% van dit wat ons vrees regtig gebeur.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Working from home
Inspiration

Working from home

Working from home has become an international fact of life – not only for freelancers but for all of us affected by the Covid 19

Read More »
Anger
Anger

Anger

Scientists have proven that people would choose discomfort before the unknown. Even if your comfort zone is no longer comfortable, you would choose to stay

Read More »
Slot en Grendel
Inspiration

Slot en Grendel

En hier sit ons, onder slot en grendel – en om die een of ander rede, is daar ‘n gevoel van oorgawe en selfs vrede,

Read More »