Emosie is ‘n lorrie

Ons gedagtes en gevoelens gaan hand aan hand, maar hulle is nie altyd maters nie. Om die twee uitmekaar uit te ken, is ook nie maklik nie – want hulle kom albei sommer net vanself. Gedagtes maak emosies wakker en emosies lei tot ‘n stortvloed van aanhoudende gedagtes wat jou opgewonde of ontsteld kan maak.

Ons weet dat die emosionele brein 80 000 keer vinniger is as die rasionele brein, maar hier is ‘n interessante waarheid wat ons maklik uit die oog verloor: Jou gedagtes kan op die ingewing van die oomblik van koers verander – soos ‘n kar wat op ‘n tiekie kan draai. Jou emosies, daarenteen, is soos ‘n lorrie. Hulle vat langer om om te draai.

Kom ek verduidelik hoe die wipplank van emosies werk: Jou geliefde bel jou laatmiddag en sê julle moet gaan uiteet (en hy het geen rede om “op te maak” vir ‘n fout of ‘n vorige vergeet nie). Jy voel spesiaal en jy is sommer van voor af weer verlief. Twee dae later, vergeet hy julle huweliksherdenking en kom laat by die huis. Jy wonder skielik of die uit-eet dalk sy verkeerde onthou van julle troudatum was en twyfel aan sy liefde vir jou.

Ek het vroeg in my lewe geleer om ‘n uitgebreide woordeskat van emosies te ontwikkel. Dit was van kleins af vir my ‘n speletjie om elke emosie wat ek voel, ‘n paar name te gee. As ek teleurgesteld was, het ek die emosie se spoor probeer nagaan om te kyk waar hy begin het, hoe hy groter geword het en verander het. As ek kwaad was vir iemand of vir myself, het ek die gevoel uitgerafel en besef dat ek eintlik hartseer en verwerp gevoel het, en ‘n bietjie soos ‘n aap omdat ek die verkeerde ding gesê het.

Om verwerp te voel, is altyd ‘n pynlike emosie. Wanneer ‘n mens meer volwasse raak, kry jy ‘n beter greep op hierdie aaklige gevoel wat jou so bitter alleen kan laat voel. Maar as jy weet wie jy is en in Wie jy geanker is, kan jy die lorrie omdraai en by jou rasionele enjin uitkom. Dis wanneer jy op jou eie kan gaan stap en wanneer jou gedagtes jou gevoelens kan troos met die feit dat wat gebeur het, ‘n kleinigheid is in die lig van jou groter werklikheid.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

People knowledge needed
Temperaments

People knowledge needed

There are times when we think that the world revolves around money. That countries crash when their economies go for a nose-dive. Business leaders, we

Read More »
Waar plant jy bome?
Inspiration

Waar plant jy bome?

Daar is ‘n ou Chinese gesegde wat sê dat Pa’s bome moet plant sodat hulle kinders eendag in die skaduwee kan sit. Dit is, as

Read More »