Elke mens het ‘n storie…

Net God ken ons harte! En dit is genoeg!


Ek was een van tien gelukkige en uitverkose vroue wat genooi was na Welgevonden in die Waterberge vir ’n vyftigste verjaarsdag. Op pad daarheen het ek gewonder… gewonder oor wat die naweek sou oplewer, gewonder oor hoe dit daar lyk en ook gewonder oor die vroue wat ek nie ken nie. Blykbaar is daar geen selfoonopvangs nie en in my kop was dit ʼn uitgemaakte saak dat dit maar uiters primitief sou wees.

Tot my verbasing stop ons voor ʼn luukse lodge – daardie wat gewoonlik in een of ander leefstyltydskrif te sien is. Prentjiemooi!

Die geklets van die vroue klink op ʼn afstand soos ʼn klomp hommelbye om ʼn heuningkoek. Ek stap nader om die bekendes en die onbekendes te groet. Ek begin eers by ’n oulike blondekop aptekertjie uit Botswana, dan ʼn stylvolle besigheidsvrou van Mooinooi, ʼn “skerp” en patriotiese finansiële adviseur van Nelspruit, ʼn klassieke besigheidsvrou van Nelspruit, ʼn eksentrieke argitek, die verjaarsdag “girl” – ’n karaktervolle bourekenaar van Pretoria, ʼn kranige en bestendige besturende direkteur van ʼn internasionale maatskappy, ʼn joviale onderwyseres van ʼn privaat
kollege in Pretoria, ʼn ongelooflike dinamiese vrou uit Dubai, wat die gebruik van die logde moontlik gemaak het en dan natuurlik ek…!

So word daar gepraat, geskerts en lekker gelag oor die manne en kinders, vriende en familie, kollegas, politiek en ekonomie, maar die treffendste van alles… God se liefde, vergifnis en Sy groot genade!

Elvis Blue sing ʼn diepsinnige liedjie: “ Elke mens het ʼn storie, elke mens het seer. Ek was al heel verlore deur die wind en
donker weer. My wildernis was groot en my beursie leeg, toe gee Jy my ʼn rede ʼn rede om te glo !”

Terwyl ons ook ʼn storie het om te vertel was dit duidelik dat ook Hy, ons rede is om te glo. Onvergeetlik!

“ Here, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, Here, weet U al wat ek gaan sê. U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my .”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Will they hide me?
Inspiration

Will they hide me?

Many philosophers and authors have made an impact on humanity – for life. Victor Frankl is such a man. He is best known for his

Read More »
Die Titanic-effek
Inspiration

Die Titanic-effek

“Eintlik leef ons almal op die Titanic,” was James Cameron, regisseur van die fliek, se woorde. Ons ken almal die verhaal: die volmaak-geboude superskip Titanic

Read More »