Ek kon dit nie glo nie!

As die Here jou hart het, het Hy jou!


So word ek genooi om in Witbank by die Woord en Lewe gemeente te bedien. Ek word hartlik ontvang en na die mooiste studeerkamer geneem waar ek die predikant ontmoet. Wat ‘n innemende en hartlike man! Ek voel dadelik welkom, gemotiveerd en geïnspireerd vir die oggend.

Hy verskoon homself terwyl ek saam met die koördineerder, Marinda heerlik en rustig koffie drink. Daarna gaan sit ons agter in die kerk terwyl die gemeente saamsing. My oog vang ‘n tafel by die deur waarop daar twee houers staan. Die een is vir die gemeente se maandelikse tiende bydrae en die ander een is gemerk “hulpfonds”. Ek vra vir Marinda wat dit behels. Sy verduidelik dat enige iemand wat in hulle hart gelei voel, geld in die hulpfonds houer kan gooi en indien daar mense is wat dringend geld nodig het vir onder andere brood, melk of brandstof hulle daaruit kan neem wat hulle benodig. Daar is niemand wat dit bestuur nie. Jy stap eenvoudig daarheen en haal uit wat jy nodig het. Ek kon dit nie glo nie! My geel temperament dwing my opslag na die “hulpfonds” houer om te kyk of daar wel geld in is en vind toe waaragtig ‘n paar honderd rand note asook tien, twintigs, vyftigs en kleingeld. Na afloop van die diens was daar geld geneem, maar daar het ook nog oorgebly.

Hoe fantasties is dit nie? Die mense se harte is oop om te gee, maar tog is hulle ook fyn opgevoed om hulle nie te vergryp en die goedheid van ander te misbruik nie. Is dit nie prysenswaardig nie? So ‘n pastoorspaar moet erkenning kry en vereer word vir so ‘n inisiatief en opvoeding. Mag die Here jou en jou vrou in oorvloed seën pastoor Ledge Saunders!

“ Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Sand in my skoene
Inspiration

Sand in my skoene

Ek lees ’n aangrypende verhaal van Peter Jenkins wat ’n boek geskryf het oor ’n stap ervaring, A Walk Across America. Peter het oor ’n

Read More »
Worry
Stress

Worry

We are such good worriers – in the worry sense of the word, that is.
And COVID-19, I am sure, has done nothing to

Read More »