“Ek kan nie meer nie”

God se genade groei welig, wanneer dit winter in jou lewe is!


Dit is Saterdagmiddag, ek sit buite in die tuin. My gedagtes is iewers tussen my skooljare en die verlange na my ouers. Skielik word my dagdroom onderbreek deur my selfoon wat lui. Dit is my vriendin Karien. “Ek kan nie meer nie! Alles gebeur met my!”

My seun doen sleg op skool, my kar is alweer stukkend en my mediese onkostes meer as wat ek kan bekostig”. Sy is moedeloos en ek voel totaal magteloos. Ek is nie seker hoe om haar te troos nie. Skielik onthou ek die betekenisvolle woorde van die Here in Maleagi 3 waar Hy verduidelik dat Hy sal wees soos ʼn smelter van silwer. Wanneer ʼn mens die suiweringsproses van silwer nader bekyk sal jy verstaan dat die silwer aan baie hoë temperature blootgestel word. Die werker wat dit smelt is heeltyd teenwoordig en hou die proses fyn dop. Hy gryp in wanneer nodig en maak seker dat die proses perfek verloop.

Hoe interessant, dat wanneer die proses klaar is, is die beste toets om vas te stel of die silwer behoorlik gesuiwer is, wanneer die werker sy eie beeld in die silwer kan sien weerkaats.

Ek deel hierdie storie met Karien. Sy begin onwillekeurig huil. “Lynette ek word nou aan daardie proses van suiwering blootgestel. Die wete dat God gedurende hierdie proses heeltyd teenwoordig is en die eindresultaat sal wees dat die Here Sy eie beeld in my kan sien, maak alles die moeite werd.”

Ons onthou so maklik dit wat sleg is en dit bring ons op ʼn punt waar ons net wil opgee. Hoe anders sal ons in sulke oomblikke voel en optree as ons net onsself kan herinner dat God ons nooit verlaat nie en dat die uitvoering van Sy plan die uiteinde van ons suiweringsproses sal wees.

“ Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

A list for every occasion
Priorities

A list for every occasion

For some temperament types, making lists and planning everything come naturally. They live on schedules and by schedules every step of the way, doesn’t matter

Read More »
Integrity
Inspiration

Integrity

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »