“Ek kan nie meer nie”

God se genade groei welig, wanneer dit winter in jou lewe is!


Dit is Saterdagmiddag, ek sit buite in die tuin. My gedagtes is iewers tussen my skooljare en die verlange na my ouers. Skielik word my dagdroom onderbreek deur my selfoon wat lui. Dit is my vriendin Karien. “Ek kan nie meer nie! Alles gebeur met my!”

My seun doen sleg op skool, my kar is alweer stukkend en my mediese onkostes meer as wat ek kan bekostig”. Sy is moedeloos en ek voel totaal magteloos. Ek is nie seker hoe om haar te troos nie. Skielik onthou ek die betekenisvolle woorde van die Here in Maleagi 3 waar Hy verduidelik dat Hy sal wees soos ʼn smelter van silwer. Wanneer ʼn mens die suiweringsproses van silwer nader bekyk sal jy verstaan dat die silwer aan baie hoë temperature blootgestel word. Die werker wat dit smelt is heeltyd teenwoordig en hou die proses fyn dop. Hy gryp in wanneer nodig en maak seker dat die proses perfek verloop.

Hoe interessant, dat wanneer die proses klaar is, is die beste toets om vas te stel of die silwer behoorlik gesuiwer is, wanneer die werker sy eie beeld in die silwer kan sien weerkaats.

Ek deel hierdie storie met Karien. Sy begin onwillekeurig huil. “Lynette ek word nou aan daardie proses van suiwering blootgestel. Die wete dat God gedurende hierdie proses heeltyd teenwoordig is en die eindresultaat sal wees dat die Here Sy eie beeld in my kan sien, maak alles die moeite werd.”

Ons onthou so maklik dit wat sleg is en dit bring ons op ʼn punt waar ons net wil opgee. Hoe anders sal ons in sulke oomblikke voel en optree as ons net onsself kan herinner dat God ons nooit verlaat nie en dat die uitvoering van Sy plan die uiteinde van ons suiweringsproses sal wees.

“ Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers. ”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Genade verstaan
Inspiration

Genade verstaan

Vandag het ek opnuut iets van genade verstaan. Ek lees in ‘n ou dagboek iets wat Stephan Joubert lank terug geskryf het: “Hoe meer ek

Read More »
Life isn’t fair
Inspiration

Life isn’t fair

I am a declared optimist. Negative people give me the jitters and I cannot get out of their company fast enough. But I am also

Read More »