Die verhaal van Roger Bannister, die Britse middelafstandatleet wat in 1954 die heel eerste was om die myl in minder as 4 minute te hardloop, is oorbekend. Eeue lank het wetenskaplikes volgehou dat die menslike liggaam nie in staat was om dit te doen nie. Dit was nie net gevaarlik nie maar ook onmoontlik, het hulle geglo – en die res van die wêreld saam laat glo.

Skynbaar het atlete vir meer as duisend jaar probeer om hierdie rekord te breek. In die antieke tyd het van hulle selfs spierkrag probeer bykry deur hulleself aan bulle vas te maak tydens oefensessies.

In die 1940’s is die rekord verbeter tot op 4:01 en vir nege jaar kon niemand hierdie rekord breek nie. Maar Roger Bannister, wat ook ʼn neuroloog was, het gekies om sy ore toe te druk vir die kenners se uitsprake, in homself geglo en gevisualiseer hoe hy die onmoontlike sou regkry. Op 6 Mei 1954, het hy die myl in 3 minute 59 sekondes gehardloop. Minder as ʼn jaar hierna, het die vogende atleet dit reggekry – en sedertdien het dit ʼn algemene prestasie onder sterk atlete geword. Mense praat vandag nog van die “glasplafon” wat deur Bannister gelig is vir almal wat na hom die onmoontlike wou regkry.

In die Covid-tyd het ons begin glo aan ʼn “Nuwe Normaal” vir besigheid en vir ons alledaagse lewe. Hoe gouer ons aan ons eie inperking gewoond kon raak, hoe beter vir ons gemoedstoestand, was die ongeskrewe lewensboodskap.

Mense in beroepe wat van mense-kontak afhanklik is, moes maar vir lief neem met die feit dat hulle die pandemie moes uitsit voordat hulle weer sou kon begin werk en geld verdien.

Eiendomsagente, wat afhanklik is van huisverkope vir hulle maandelikse inkomste, kon nie kliënte uitneem nie. Baie het die beroep verlaat.

Christene Beylefeld van Chas Everit het gekies om haar ore toe te druk vir hierdie boodskap. Sy het die glasplafon gelig, uit die boks uit gedink en my eiendom wat vir vier jaar lank deur ander nie verkoop kon word as gevolg van “moeilike tye”, suksesvol verkoop. Ek glo dat dit nie maklik was nie want vir ʼn lang tyd was die aktekantoor gesluit en toegang tot munisipale dienste was beperk.

Maar sy het dit reggekry. Sy kon tong uitsteek vir die doemprofete en ander negatiewe voorspellers. 

Ek wil vandag vir Christene dankie sê – nie net vir die uitstekende diens wat ek by haar gekry het nie, maar ook vir die lewensles!

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

True leaders ask questions
Inspiration

True leaders ask questions

Leaders all have different styles of leading. Some give instructions or direct their teams down to the minutest detail, others believe in a participatory style,

Read More »