Dis die klein goedjies wat ‘n verskil maak

“La Vie est Faite de Petits Bonheurs”

Life is full of little pleasures

Dit was ‘n dag soos enige ander, seker nou al 10 jaar terug, maar ek sal dit nie vergeet nie. Was op die lughawe op pad na die een of ander besigheidsgeleentheid toe ‘n man skielik stop en vir my sê: “You look lovely today”. Ek kan nie eens onthou of ek tyd gehad het om dankie te sê nie, toe is hy weer weg. 
 
Dit het my laat goed voel. So ‘n ekstra huppel in my stappie vir die dag gesit. Een eenvoudige, opregte kompliment van ‘n wildvreemde man op ‘n besige lughawe. Hoekom vertel ek julle die storie vandag? Om vir julle te herinner dat klein goedjies ‘n reuse verskil in iemand anders se lewe kan maak. 
 
‘n Vriendin vertel hoe sy jare terug deel was van ‘n klomp studente en skoliere wat van ‘n kerkkamp in KZN op pad terug was Gauteng toe. En daar breek die bus, op. Winterton. Hulle laai toe soveel as moontlik van die skoliere in die ander bus en die studente, wat ook die kampleiers was, en die res van die tieners maak hulle onder ‘n groot advertensiebord tuis waar hulle darem ‘n graskol kon kry. Bagasie en al. Wag toe vir ‘n bus wat hulle moes kom haal. Dit was Desember. Dit was warm. Hulle het nie 10 minute gesit nie, toe stop ‘n tannie en vra wat maak hulle dan nou so onder die advertensiebord in die middel van nêrens?
 
Hulle verduidelik die situasie en die tannie is daar weg. Minder as ‘n halfuur later was sy terug, met nog ander tannies en motors. Daar word almal toe bagasie en al na die kerk vervoer, waar nog ‘n span tannies gereed gestaan het met worsbroodjies en koeldrank. Sonder om enige iets terug te verwag het die vroue, die klomp jonge studente en tieners onder hul vlerk geneem en hul kos, koeldrank en onderdak gegee totdat die ander bus uiteindelik laataand opgedaag het. 
 
Dit het ‘n blywende indruk gelaat. Soos wat die een kompliment van ‘n vreemdeling ‘n blywende indruk op my gelaat het. Terwyl die jaar so einde se kant toe spoed, wees vrygewig met jou glimlag, opregte komplimente – ja selfs vir vreemdelinge – en omgee handelinge. Jy weet nooit watter lewensveranderde invloed

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Empathy
Emotions

Empathy

Empathy has been identified as an essential component in building meaningful and trusting relationships. It is a vital ingredient of successful marriages but also of

Read More »