Die mense wat my lewe verryk

Ek haal my vriendin en kollega, Antoinette Steyn aan: “Die grootste geskenk wat jy in enige verhouding vir iemand kan gee is jou eie persoonlike ontwikkeling.”

 

“Kan jy glo? Sedert hy deel van my lewe is, het goeie dinge met my begin gebeur!
Dit is asof dinge net vir my begin uitwerk…”

“Sjoe…” sê ek, “Vertel my meer hiervan…”

Nadat ek geluister het besef ek weer eens dat daar veral twee dinge is wat ‘n mens se lewe radikaal beïnvloed, naamlik die mense met wie jy jouself assosieer en die boeke wat jy lees.

Die gesprek dwing my onwillekeurig om ‘n denkbeeldige lysie te maak van die mense wat ek doelbewus gekies het om deel van my leefwêreld te wees. Ek besef dat sommige my lekker laat lag en ontspan, ander meer filosofies is, terwyl daar die belangrike groep is wat meer geestelik ingesteld is en dan natuurlik my familie wat ek nie gekies het nie, maar wat ook ‘n belangrike rol in my lewe speel en vir wie ek lief is.

Ek besef dat elkeen ‘n invloed in my lewe en veral op my gemoedstoestand het. Sommige van hulle het my die dieper betekenis van die lewe geleer, ander het my opgevoed in die kunste, etiek en musiek. Van hulle het my besigheidsbeginsels geleer. Dan natuurlik is daar hulle, wat weet hoe om voluit te lewe, te skerts, poetse te bak en net te skaterlag. Hoe woordeloos kosbaar is ook hulle, wat ‘n bydrae tot my geestelike ontwikkeling lewer. Ek besef dat ek vandag ook ‘n beter mens is as gevolg van hierdie mense se invloed in my lewe.

En nou, nou sit ek hier by my haarkapster, Rolanda en erken teenoor haar dat van die minder kere wat ek bietjie “af” voel, vir seker die kere is, wat ek besig raak en te min tyd aan die Woord van die Here spandeer. Dit is asof die Woord my regop hou en balans gee.

Wie is die mense in jou lewe? Watter boeke lees jy? Verryk die mense in jou lewe jou en gee die boeke wat jy lees vir jou sinvolle perspektief?

"Die geregverdigde laat sy pad vir hom wys deur ‘n vriend, die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies.”

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

druk-jou-ore-toe
Inspiration

Druk jou ore toe

Die verhaal van Roger Bannister, die Britse middelafstandatleet wat in 1954 die heel eerste was om die myl in minder as 4 minute te hardloop,

Read More »
Help, ek versmoor!
Inspiration

Help, ek versmoor!

Rina Hugo het in die 80s ‘n treffer gehad met die naam, “’n Tikkie vryheid” waarin sy sing: “Ek raak bang, want die kring om

Read More »
Die vyf W’s
Wisdom

Die vyf W’s

Joernaliste en skrywer word geleer dat ‘n mens in jou openingsparagrawe so gou moontlik die vyf W’s moet antwoord – anders verloor jy jou leser:

Read More »