Ken jy ook woedebevange mense?

Ek maak my Facebookblad oop en my oog vang die opmerking van ‘n jarelange vriend vir wie ek soveel respek het. Hy trek te velde teen ‘n bekende man van God. Hy kryt hom uit as ʼn valse profeet en ʼn geldjagter. Ek is teleurgesteld! Waarom sal hy dan nou behae daarin vind om ander mense te verneder en te kritiseer? Dit is tog nie wie hy was nie. Wat het waar verkeerd gegaan?

Ken jy ook altyd-kwaad mense? As hierdie mense maar net kan insien en erken dat die wortel van hulle woede in hulle eie vrees vir seerkry gegrond is, sal hulle in staat wees om daardie onkruid met mag en mening aan te val en te ontwortel. Dan sal hulle genesing kan vind in die liefde, meelewing en kosbare kameraadskap van ander mense.

Nou onlangs het iemand vir my die mees asemrowende foto’s gestuur van kaktusse in volle blom! Dit was pragtig! So ‘n lelike ou doringrige plant wat net in die woestyn en dor plekke bly, doen die onverwagte. As hierdie kaktusmense met die swaardtonge maar kon insien dat hulle hulp nodig het.

Meer nog, dat hulle waardevol en kosbaar is en dat ander mense hulle werklik sou kon liefhê en hulle geselskap opreg
geniet indien hulle ‘n egskeiding met hulle woede kon aangaan.

Maar hulle het ongelukkig gyselaars geword van ou seerkry en jarelange bitterheid. Net soos die woestynkaktus is dit ook vir hulle moontlik om te blom, sou hulle maar die reën van God se genade benut.

Moenie in so ‘n verhouding bly as dit enigsins gewelddadig is nie. Moenie toelaat dat ‘n altyd kwaad mens jou in die grond afbreek en verneder nie. In ‘n werksituasie is daar altyd kanale wat gevolg kan word, doen dit. As dit iemand is wat saam met jou in die huis leef, gaan soek hulp. Kry ‘n ondersteuningsnetwerk wat jou kan help om dit te hanteer. Besef, dat die meeste mense se woede verdedigingsmeganismes is om ‘n groter pyn weg te steek. Soms het die persoon en jy ekstra hulp en leiding nodig van ‘n berader, predikant of sielkundige. Moet nooit bang wees om vir hulp te vra nie.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Sand in my skoene
Inspiration

Sand in my skoene

Ek lees ’n aangrypende verhaal van Peter Jenkins wat ’n boek geskryf het oor ’n stap ervaring, A Walk Across America. Peter het oor ’n

Read More »
Hoe lyk my uitdagings?
Inspiration

Hoe lyk my uitdagings?

Ek moes onlangs ‘n aanbieding vir ‘n korporatiewe groep voorberei. In plaas van die gebruiklike versoek vir ‘n CV, stuur hulle vir my ‘n paar

Read More »
Die vyf W’s
Wisdom

Die vyf W’s

Joernaliste en skrywer word geleer dat ‘n mens in jou openingsparagrawe so gou moontlik die vyf W’s moet antwoord – anders verloor jy jou leser:

Read More »