Geld wat stom is, moenie families laat grom nie

Soos die Kersfeesmusiek in winkels begin klingel, hoor ek hoe party mense uitsien na hulle vakansie en ander ’n knop op hulle maag kry. Ons droom van luilekker, harmonieuse dae tesame, maar dan spat daar meer vonke tussen familielede as tussen die kole op die braaivleisvure.

Die ding wat die grootste doring in ons vakansievlees is, is geld. Die taakgefokusde Rooies en Bloues is nie oop vir onderhandeling oor die begroting nie. Die Geles wil net rinkink en hulle gesinne bederf, terwyl die Groenes instem tot enigiets solank almal tog net gelukkig is.

Al hierdie verskillende geldpersoonlikhede in een tent of woonstel of gastehuis gee tot groot rusies en ongelukkigheid aanleiding. Maar dit hoef nie so te wees nie!

Hoe mense oor geld voel en hoe ons met ons finansies werk word ook deur ons temperamente bepaal – en daarom verskil ons van mekaar. As jy julle verskille met jou mense bespreek en ophou om mekaar te dwing om te verander, gaan julle frustrasies verminder.

Ja, ou Bloues se spaarsamigheid gaan jou irriteer, maar jy gaan dit makliker van jou afskuif en nie so persoonlik opneem nie. Maak ’n afspraak om hom of haar ’n kloppie op die skouer te gee en te herinner: “Dis vakansie, Liefie, ons het ’n begroting en ons mag hierdie dinge geniet.”

Of jou Geel geldblaser gaan jou dalk steeds bekommer, maar julle kan onderneem om mekaar nie te kontroleer nie. Julle kan vooraf besluit om’n ooreengekome bedrag op pret en plesier te spandeer sonder om mekaar hieroor te kritiseer. En as dit op is, is dit op en niemand brom nie!

Julle altyd-aan-die-werk Rooies kan onderneem dat jy jou gesin sal los om hulle niksdoen te geniet terwyl jy op ’n verminderde manier aanhou werk. Kners op jou tande oor geld wat bestee word op die lekker dinge van die lewe en onthou dis eintlik ook gesonde uitgawes.

En julle Groenes sal dalk ’n bietjie meer moet praat en vir julleself moet opstaan as wat vir julle gemaklik is … Moenie toelaat dat misverstande oor geld julle rustyd bederf nie. As jy dit moeilik vind om besluite oor bestedings te neem, kry meer inligting, bid en doen jou vakansieding!

Stop dadelik die verwyte dat iemand julle gesinstyd bederf omdat julle verskillend oor geldsake dink. Dankie, Rooi en Blou, dat julle sorg vir finansiële gemoedsrus en dankie Geel en Groen dat julle sorg dat ons mekaar en die lewe geniet.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Kyk na jouself
Passion

Kyk na jouself

Mense sê soms vir my, my lewe is te besig. Ek is omtrent elke dag op ‘n ander dorp in die land. Ek geniet dit.

Read More »
You are the filing clerk
Inspiration

You are the filing clerk

It is not easy to understand the intricate relationship between our thoughts and emotions. We know that thoughts trigger emotions and we know that emotional

Read More »
Be the last to talk
Inspiration

Be the last to talk

The enigmatic Nelson Mandela was the son of a tribal leader. In one of the early interviews after his release from prison, Madiba was asked

Read More »