Vrede as jy Vrees

Die kursus Vrede as jy Vrees is ’n transformerende reis wat jou help om jou vrese te konfronteer, te verstaan en te oorwin met geestelike insigte, Bybelse waarhede, en praktiese strategieë.

R500.00 (excl.VAT)

Die kursus Vrede as jy Vrees is ’n transformerende reis wat jou help om jou vrese te konfronteer, te verstaan en te oorwin met geestelike insigte, Bybelse waarhede, en praktiese strategieë. Elke dag bied ‘n kort video en ‘n begeleidende dagstukkie wat jou toerus om opnuut moed en krag te vind te midde van uitdagende omstandighede.

Hierdie kursus sluit die volgende temas in:

  • Hoe om jou vrese te erken en as ’n bron van groei te gebruik.
  • Die krag van geloof, liefde, en selfbeheersing om vrees te oorkom.
  • Praktiese tegnieke om angs te bestuur en jou denke te herprogrammeer.
  • Hoe om balans te vind tussen vrees en dapperheid en om met hoop in die toekoms in te beweeg.
  • Die rol van dankbaarheid, positiewe emosies, en God se Woord in die oorwinning van vrees.

Deur hierdie kursus sal jy ontdek dat vrees nie jou vyand hoef te wees nie, maar eerder ’n katalisator vir groei en geestelike verdieping. Sluit aan en begin jou reis na innerlike vrede en oorwinning oor jou vrese.

You May Also Like