Will Smith se vuishou

Daar was ‘n tyd toe ek nie die Oscars gemis het nie. Die glans en die glorie en al die bekendes se blink klere is amper ‘n toneelstuk op sy eie. En natuurlik die spannende opbou na die groot nuus van wie wen en wie nie.

Maar daar kom ‘n tyd in ‘n mens se lewe dat jy nie genoeg tyd het vir fliek nie. En as jy eers tred verloor het met die akteurs, is die Oscars ook nie meer ‘n groot aantreklikheid nie. Maar vanjaar het ek toevallig gekyk.

Ek het nog altyd groot bewondering gehad vir die seremoniemeesters by dié geleentheid. Want die arme man of vrou moet beter kan toneelspeel as ‘n hele saal vol beroemde akteurs. Die sukses van die aand, hang hoofsaaklik van hom af. Hy moet slim grappe vertel en die spanningslyn behou sonder om soos ‘n sirkusbaas net lawaai te maak.

Ek het van vanjaar se seremoniemeester Chris Rock gehou. Hy was vir my ‘n goeie komediant met ‘n gemaklike manier om met slim opmerkings die gehoor uit sy hand te laat eet.

En toe gebeur die vuishou – wat almal onkant gevang het. Chris maak ‘n grappie oor Will Smith se aantreklike vrou Jada Pinkett-Smith se kaalgeskeerde kop wat haar soos GI Jane laat lyk. Will lag eers saam met die res van die gehoor, maar stap toe vorentoe en pot vir Chris in die gesig.

Terug by sy stoel skel hy die seremoniemeester uit en blerts verder op die glans van die aand. Sy betraande verskoning tydens sy toespraak toe hy as beste akteur bekroon is, was ‘n paar druppels in die emmer wat nie die verleentheid ongedaan kon maak nie.

Al het ‘n mens simpatie met Smith se impulsiewe gedrag en die feit dat hy tien teen een deur sy vrou aangepor is, het hy sy eie beeld en voorbeeld onberekenbare skade aangedoen. Dis wat gebeur as ‘n mens toelaat dat jou emosies die oorhand kry. My oupa sou sê: Die man moes net tot by tien getel

het en sy kop gebruik het…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Integrity
Inspiration

Integrity

The word integrity has its roots in the Latin word integer, which means whole, uncorrupted, in its original perfect condition. In the old Oxford dictionary,

Read More »
Accept and learn
Relationships

Accept and learn

It’s easy to acknowledge that all people are fundamentally different from one another in theory… It’s a different ball game in practice when another individual

Read More »