Ek kan my verkyk aan mense. Omdat ek baie ure op lughawens deurbring, het dit al vir my tweede natuur geword om my mede-reisigers dop te hou en met verbeelding te wonder oor wat in hulle lewens aangaan.

Maar as daar een gewoonte is wat ek gereeld optel, is dit mense se vrees vir oogkontak. Kyk maar wat gebeur as jy in ‘n vollerige hysbak klim. Mense kyk vir die dak en die vloer, die hysbakknoppies en die deur – enigiets om net nie oogkontak te maak nie. Dieselfde gebeur wanneer ons in die bussie of die instaptou staan. Dis al asof mense bang is dat oogkontak kan veroorsaak dat iemand met jou sal wil praat.

Ek hoor gereeld mense sê dat jy nooit met ‘n bedelaar of ‘n verkoper by ‘n verkeerslig moet oogkontak maak nie. Want dis hoe hy jy hom nader nooi en wie weet, dalk is die mannetjie wat die donkerbrille of die selfoonlaaiers verkoop, gevaarlik en slaan hy jou ruit stukkend.

Maar het jy geweet dat daar ‘n verband is tussen mense se vlak van geluk en hulle ingesteldheid teenoor vreemdelinge? Navorsing het bewys dat mense met ‘n innerlike vrede en geluk, nooit fronsend of sleepvoetend loop of doelbewus oogkontak vermy nie.

As jy met ‘n oop gemoed na ‘n vreemdeling kyk, sal jy gou agterkom dat hy of sy baie met jou in gemeen het. Die oomblik wanneer jy mense benader soos wat jy graag benader sou wou word, besef jy dat almal dieselfde behoeftes het – aan respek, vriendelikheid en doodgewone mede-menslike aanvaarding. Ons ken almal die storie van ‘n glimlag wat aansteeklik is, maar het jy dit al getoets?

Kyk wat in jou eie gemoed gebeur wanneer jy die dag met vreemdelinge oogkontak maak en hulle begin sien as mense wat dieselfde behoeftes het as jy. Kyk vir die bedelaar by die stopstraat, al gee jy hom niks – erken hom net as mens en seën hom met ‘n glimlag. Jy gaan vir seker een terugkry.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Help, ek versmoor!
Inspiration

Help, ek versmoor!

Rina Hugo het in die 80s ‘n treffer gehad met die naam, “’n Tikkie vryheid” waarin sy sing: “Ek raak bang, want die kring om

Read More »
Die Titanic-effek
Inspiration

Die Titanic-effek

“Eintlik leef ons almal op die Titanic,” was James Cameron, regisseur van die fliek, se woorde. Ons ken almal die verhaal: die volmaak-geboude superskip Titanic

Read More »
Om met eer te wen
Inspiration

Om met eer te wen

Die Keniaanse atleet Abel Mutai was los voor in die resies. Enkele meters voor die wenstreep, het hy gestop omdat hy gedink het dat dit

Read More »