Is alleen-wees jou vriend?

Dit gebeur dikwels in die lewe dat krisisse nie een-een aan jou deur kom klop nie. Terwyl jy met ‘n persoonlike verhouding sukkel, roep jou baas jou in met slegte nuus oor jou werk of salaris – en skielik voel dit of alles vir jou net een te veel geword het.

Dit het met die eienaar van ‘n groot besigheid gebeur. Tegnologiese ontwikkeling het gemaak dat die vraag na sy produk byna oornag opgedroog het. Hy het meer as 100 mense in sy diens gehad wat nie net jare lank lojaal was aan hom nie, maar ook finansieel afhanklik was van die inkomste uit sy besigheid.

By die huis het dit nie goed gegaan nie. Sy vrou het ernstige emosionele probleme ontwikkel en hy was bekommerd oor hulle vyf kinders wat tussen twee en tien jaar oud was. Op ‘n dag bel sy oudste dogter hom met die nuus dat hulle ma die pad gevat het.

Hy was skielik ‘n enkel-ouer met die verantwoordelikheid van vyf kinders en ‘n honderd werksmense wat hy aan die lewe moes hou. Hy was oorwerk, oorgewig, ongesond en in ‘n oorlewingskrisis.

Met sy rug teen die muur het hy besef dat hy homself, en sy besigheid, sou moes herskep. Daar was nie tyd vir selfbejammering nie. Hy het besluit dat hy net beheer oor sy lewe kan kry as hy volle verantwoordelikheid ook vir sy omstandighede sou aanvaar.

Hy het besef dat hy nie verkeerde besluite uit ‘n vrees vir eensaamheid kon bekostig nie. Hy het alleen-wees sy vriend gemaak. Hy het ‘n doelwit gestel om gewig te verloor en gesond te word – ter wille van sy kinders en sy werksmense, maar ook ter wille van homself. Kort voor lank het hy nuwe fisiese maar ook emosionele krag in homself ontdek. Hy kon uit die spreekwoordelike boks dink en sy besigheid in ‘n splinternuwe koers instuur.

In sy alleen-tye het hy sy menseverhoudinge oordink en besef dat hy dié mense wat hom nie opbou of beter laat voel nie, sou vermy. In die omhelsing van sy alleenheid, het hy besef dat dit hom vrygemaak het – en gesond genoeg vir nuwe, sinvolle verhoudings.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Lessons from Dr Seuss
Inspiration

Lessons from Dr Seuss

Some people are born sages and their wisdom outlives them. Dr Seuss, famous author and doodler-cartoonist, was such a sage. Born in 1904, he was

Read More »