Ek het so ‘n bietjie tennis gespeel op skool maar was nou nie ‘n danige ster nie. Al was dit nog altyd vir my ‘n mooi sport, is daar is een ding van dié soort balsporte wat my nog altyd gepla het – die feit dat jy punte kry wanneer jou opponent foute maak. 

Dit voel net vir my so verkeerd. In plaas daarvan dat jy trots is op jou eie prestasies, moet jy daarop ingestel wees om jou maat uit te vang. Jy moet letterlik sy swakplekke uitbuit en die bal slaan na waar hy nie is nie.

Ek ken mense wat op dié manier lewe. Dit word hulle spelreëls in verhoudings en in die daaglikse omgaan met mense by die huis en by die werk. Ek noem hulle tennisspelers. Hulle irriteer die wit waks uit my uit. Want sonder dat hulle daarvan bewus is, is hulle die hele tyd besig om te kritiseer en te kyk waarop hulle jou kan uitvang. So al asof hulle self volmaak is.

My goeie vriendin – kom ons noem haar Annie – is met so ‘n emosionele tennisspeler getroud. Kom ons noem hom Sarel. Hy’s ook my vriend en nie ‘n slegte ou nie – maar as hy begin tennis speel met sy dierbare, hardwerkende vrou, wil ek hom aan sy strot beetkry. So sal ons almal lekker saam kuier op ‘n Sondag. Terwyl die mense na ete gaan skuins lê, was Annie die skottelgoed – alles behalwe die effe aangebrande pappot wat sy laat week.

Wanneer ons opdaag vir laatmiddag se koffie en koek (hulle is plaasmense), sal Sarel na ‘n groot gaap sê: “En die gebrande pot, vrou? Het jy alweer ‘n halwe jop gedoen?” En wat doen Annie?  Sy skud maar net haar kop, want sy is so gewoond aan dié soort kritiek. 

Ken jy sulke irriterende tennisspelers? Wat loop en fout soek en die harde werk wat jy ingesit het, heeltemal miskyk. In onderhandelinge kyk hulle die groter prentjie mis en hamer puntenerig op kleinighede. Het jy geweet dat hulle eintlik onseker en soms selfs minderwaardig voel – vandaar die onbewuste gewoonte om die kollig op ander se foute te laat val?

Dis sulke tye wanneer ek my rakket neerlê en hardop sê: Loop speel jy jou eie enkelspel, voor ek my  gholfbal slaan tot waar ek hom wil hê…

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Outliers
Inspiration

Outliers

The inspirational author Malcolm Gladwell is known for his journey into the overlooked and misunderstood. In his well-known book The Outliers, he claims that genius

Read More »
Have fun, laugh and dance
Happiness

Have fun, laugh and dance

Having and creating fun opportunities is a vital ingredient of a happy and fulfilling life. We tend to only take negative or ‘heavy’ emotions seriously

Read More »