Ek het ‘n goeie vriend wie se pa – byna 30 jaar na sy dood – nog steeds sy grootste held is. Ek het die oom nooit geken nie, net geweet dat hy ‘n geliefde predikant was en ‘n bietjie voor sy tyd aan ‘n hartaanval dood is.

Wanneer my vriend oor sy pa praat, klink dit soms asof hy homself beskryf. Sy pa was ‘n slim en ‘n geduldige man, met diep wysheid wat hy nie net met mense in sy gemeente gedeel het nie. Hy was streng maar regverdig en vol liefde vir alle mense.

Toe ek hom onlangs vra watter eienskap van sy pa vir hom altyd sal uitstaan, verras hy my met sy antwoord: “Sy vermoë om te kon jammer sê,” sê my vriend sonder om lank te dink.

En net daar wonder ek – van al die oom se merkwaardige kwaliteite, is dit nie die feit dat hy talle mense se lewens aangeraak het of sy briljante brein wat sy seun onthou nie, maar sy jammer-sê.

Toe begin ek dieper dink oor hierdie eienskap – om opreg en onvoorwaardelik, eerste te kan sê dat jy jammer is. Ek praat nou nie van die soort verskoning vra wat sommiges ligtelik en vinnig doen, sonder dat hulle dit werklik bedoel nie, soms om konflik te vermy.

Nee, ek praat hier van jammer sê omdat jy opreg jammer vóél vir dit wat jy verkeerd gedoen het, al weet jy dat die ander party ook ‘n mate van skuld het. (Ek glo dat daar min gevalle is van honderd present reg of verkeerd, skuldig of onskuldig wees.)

Ek probeer die kere toe ek dit self reggekry het, optel – en ek sukkel. Want daar is nie baie in my kort- of my langtermyn-geheue nie. Om jammer te kan sê, beteken dat jy jouself blootstel aan ekstra pyn en kritiek (“ek is bly jy besef dis jou fout!…”) en dat jy bereid is om weerloos en ondergeskik te wees. Maar dis ook die toppunt van nederigheid, eerlikheid met jouself en met ander en die erkenning van jou menslike swakheid wat jou laat foute maak.

Maar as jou kind, dertig jaar na jou dood jou juis hieraan onthou, sê dit sekerlik ook iets van jou volwassenheid, jou opregtheid en ongewone diepte as mens.

Become a Member Today!

Access exclusive content and enjoy member benefits by joining Lynette's community.

Inspiration

More Inspirational Blogs

Be the last to talk
Inspiration

Be the last to talk

The enigmatic Nelson Mandela was the son of a tribal leader. In one of the early interviews after his release from prison, Madiba was asked

Read More »
Wat wil jy nalaat?
Inspiration

Wat wil jy nalaat?

Ek was in die laaste tyd betrokke by ‘n paar begrafnisse. Dis nooit lekker nie. Maar dis een van die feite van die lewe waarmee

Read More »
Are you an over-giver?
Inspiration

Are you an over-giver?

The joy of giving is a slogan easily misused by money-making retailers at Christmas time and emotional celebrations like Mother’s and Father’s Day. Simply because

Read More »
Weet wie jy is!
Inspiration

Weet wie jy is!

Daar’s ‘n bekende grappie van die man wat op die lughawe sy gewig wou rondgooi omdat hy nie voorkeur-behandeling ontvang het nie. Sy spesiale sitplek

Read More »